Categories: Nagereg, ReseptePublished On: 15th November 2017

Maklike, staatmaker malva-poeding

By 1 min read
202 words
malva-poeding

20171112_162537

Sondae is gewoontlik wanneer die familie bymekaar kom om die eetkamertafel en om elke maaltyd af te sluit, het ons ‘n ou soettand wat pla. Daarom is hierdie resep ekstra lekker.

Jy benodig:

– 2 Eetlepels Botter

– 1 Koppie Suiker

– 2 Eiers

– 1 opgehoopte eetlepel appelkooskonfyt

– 1 Teelepel koeksoda (Bicarb)

– ½ Koppie melk

– 1 Teelepel asyn

– 1 & ¼ Koppie meel

– ‘n Knippie sout

Nou maak jy so:

– Klits die eiers, suiker, botter en appelkooskonfyt saam.

– Klits nou die res van die bestanddele by.

– Bak in die oond teen 180 grade celcius vir 20 – 35 minute.

(Hou die poeding dop. Hy raak vining bruin maar is nie noodwendig gaar nie.)

Terwyl die beslag bak, maak die sous:

Jy benodig:

– 1 & ½ Koppie melk

– ¾ Koppie suiker

– 1/2 Koppie botter

Nou maak jy so:

– Kook al die bestanddele in ‘n kastrol.

– Sodra die Malva-poeding uit die oond kom, steek gate in met ‘n vurk en gooi die warm sous oor. Laat staan tot al die sous ingetrek het.

Resep gegee deur: Daniëlle Terblanche from Deli-icious Catering. Skakel 012-335-0051, 079-617-3122 of stuur vir haar ‘n e-pos na dvdm87@gmail.com vir bestellings. Of besoek haar webwerf: www.deliciouscatering.co.za.

malva-poeding

27

Deel hierdie artikel.

18 Comments

  1. Anneliza Groenewald 14th May 2026 at 16:09 - Reply

    Fantasties en dit is so maklik om voor te berei. Ek het dit verlede sondag gemaak en my gesin was gaande daaroor.

  2. Anonymous 16th November 2025 at 16:59 - Reply

    Net jammer jy het die bak poeier uit gelos want die resep het ek presies gemaak

    Poeding was so plat soos n pannekoek het nooit gerys nie

  3. Felicity smit 10th October 2024 at 14:19 - Reply

    Heerlike resep maak dit gereeld xx

  4. Marietjie Bothma 7th August 2024 at 16:28 - Reply

    Myne val in die middel `n gat soms

  5. Ané 17th June 2024 at 20:02 - Reply

    Ek gaan hom more maak, baie dankie!
    Kan ek net vra, wit of bruin asyn? Of maak dit nie saak nie?
    Bruinsuiker is seker ook reg?

    Baie dankie!

  6. Charise 8th June 2024 at 10:38 - Reply

    My gunstelling resep

    • Amore van Staden 31st January 2026 at 17:22 - Reply

      ñ Malva is al wat ek kan bak (soms), maar op die resep het even ek dit perfek gekry.
      En dit was genoeg vir 4 porsies

  7. Wimpie 26th October 2023 at 12:55 - Reply

    Jinne maklik en verby lekker

  8. Judith 15th October 2023 at 12:28 - Reply

    As jy custard maak gooi bietjie coco by dis yum……..

    • Ina van dyk 30th August 2026 at 09:26 - Reply

      Hieveel bakpoeier Kom in

      • Benine Ackermann 31st August 2026 at 15:25 - Reply

        Hi Ina- dankie vir jou navraag. Daar kom nie bakpoeier in nie. Dink die koeksoda is in die plek daarvan. Groete, ProAgri-redaksie

  9. Janice 17th September 2022 at 12:33 - Reply

    Nice easy recipe helped my mom alot thanks so much

    #appreciated

  10. Sonette 11th August 2022 at 13:31 - Reply

    So i truly like this resepie wil defenetly bake it again . Im waiting now for it to come out of oven
    But looking good also i add some apricot jam plus vinegar to my sauce makes a big different tates very delicious thanks a lot

    • Annelie 21st September 2023 at 15:24 - Reply

      Hi hoeveel mense kan gevoed word met hierdie hoeveelheid asb? Dankie

      • Benine Ackermann 12th October 2023 at 12:57 - Reply

        Hi Annelie- hang af hoe groot jy jou stukke sny maar kan tot 20 mense.

      • Ingrid Wheatley 8th April 2025 at 13:11 - Reply

        Vir hoeveel me se is doe resep?

        • Benine Ackermann 14th April 2025 at 18:36 - Reply

          Hi Ingrid

          So 10 mense min of meer.

          Groete

          REdaksie-span

  11. Fiona Jansen 7th May 2022 at 14:11 - Reply

    Dit was maklik om te maak en verby lekker

Leave A Comment

27