Categories: Februarie, LandboukalenderPublished On: 13th January 2023

Majobe Merino’s spog met hulle 29ste produksieveiling: 15 Februarie 2023

By 3 min read
520 words

majobe-merinos-29ste-produksieveiling-15-februarie-2023-bothaville-798814-881964

Die sleutel tot ‘n suksesvolle skaapboerdery lê in die liefde vir jou boerdery en geloof in wat jy doen.

Majobe Merino’s bestaan sedert 1998 en word behartig deur Johan, sy vrou Marie-Louise, sy seun Jos en sy vrou Stephani Hoffman. Die plaas Vlaklaagte is geleë in die hartjie van die Vrystaat, buite Bothaville. Johan en sy Merino stoetery het al diep spore in die bedryf getrap en vele rekords in die bedryf opgestel en nagelaat. Hy het ‘n duidelike visie vir die toekoms, vir sy stoetdiere en is definitief ‘n boer wat daarin glo om vorentoe te boer.

Seleksie en vrugbaarheid

Die Majobe Merino stoet word gekenmerk deur hulle fokus op die verbetering van ooivrugbaarheid en selektiewe teling.

Hier staan Johan Hoffman en sy vrou Marie-Louise Hoffman.

“In ons teelprogramme fokus ons op vaars wat voortreflike ooie sal produseer, nie ramme self nie. Ons wil graag ‘n hoë opbrengskoers per hektaar handhaaf,” sê Johan.

Hierdie perspektief word verkry om intensief geteelde, hoë-presterende ooie te identifiseer en hulle in die kudde te gebruik. Johan sê: “Ons probeer dus om die optimale eienskappe so vas as moontlik te teel, met die resultaat dat die bruikbaarheid van die skape se nageslag baie hoog is.”

“Die beste finansiële opbrengs kan behaal word, as hierdie ooie fynwol van die hoogste gehalte kan produseer en elke agt maande tweelinge lam,” voeg Johan by.

Aanpasbaarheid op natuurlike veld

Johan teel jare lank geharde skape met ’n goeie aanpassingsvermoë. Die skape wat geteel word kan in die veld oor ‘n groot deel van Suid-Afrika floreer. Johan noem dat hy jaarliks ‘n groot aantal navrae vir ramme ontvang vanaf mense wat sy genetika soek om in gebiede soos grasveld- en Karooveld-omgewings te gebruik.

Die manne is slaggereed om te werk in jou kudde. Kom kies joune uit.

Die Majobe Merino stoet se kudde word al vir 22 jaar geselekteer vir Haarwurm weerstand en verdraagsaamheid. Daarom word die skape nou nooit meer gedoseer nie. Hulle is dus die enigste Kleinveestoet in die land wat Haarwurm weerstand en verdraagsaamheid het en daarom pas die diere oor ‘n wye gebied baie goed aan.

“Ons skape het baie goed aangepas, en dit is iets waaroor ek baie bly is. Kry Majobe Merino-genetika in jou kudde as jy ‘n vrugbaarder kudde wil grootmaak, fyner wol wil produseer en meer wol wil oes,” sluit Johan af.

Skittergehalte Merino’s op aanbod

Majobe Merino’s is trots om vanjaar hulle 29ste produksieveiling die 15de Februarie 2023 om 10:00 aan te bied, te plaas Vlaklaagte, Bothaville.

Dis mos wol! Maak seker jy mis nie die geleentheid om top genetika te bekom by Majobe Merino’s se produksieveiling.

Daar sal ongeveer 50 spogramme, en tussen 100 en 150 topgehalte stoet- en kommersiële ooie op aanbod wees.

“Al ons diere het teëlwaardes, en hierdie waardes is 95% akkuraat om te voorspel hoe daardie dier gaan aanteel, so jy sal presies weet watter skaap jy koop,” spog Johan.

Vir meer inligting oor Majobe se geharde en produktiewe Merinos, skakel Johan by +2782 455 8871 of per epos aan hoffmanj@lantic.net.

Klik op die Agri4All skakel vir bykomende inligting.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0