Categories: Artikels, GewasproduksiePublished On: 24th April 2025

Limagrain het goeie nuus vir mielieboere by NAMPO

By 2 min read
298 words

IMG_6589

Met NAMPO om die draai is die span van Limagrain Field Seeds gretig om jou by hulle stalletjie te verwelkom. Maar die manne is nie net opgewonde oor die opkomende landbouskou nie, hulle het ook twee nuwe mieliekultivars in hulle stal, wat opspraak maak.

Limagrain se geelmielie

Limagrain het in die 2023/2024 seisoen hul LG31.752BR-geelmieliekultivar in die mark bekendgestel. Dit is ‘n medium-lang groeier met ‘n vergelykende relatiewe volwassenheid (CRM) van 125 dae.

LG31.752BR het ‘n uitstekende staanvermoë en is sterk meerkoppig onder laer stande, maar vaar net so goed teen hoër stande. Limagrain se geelmieliekultivar kompenseer goed met kopgrootte en meerkoppigheid wanneer toestande verbeter.

Die kultivar het oor die algemeen ‘n goeie siektepakket, al moet swambeheer toegepas word onder baie hoë grysblaarvlektoestande. Dit is egter ‘n baie stabiele kultivar wat jou opbrengsmikpunte kan haal.

LG31.752BR het in die GraanSA proewe ook homself bewys as toppresteerder in die koeler ooste en in die Oos-Vrystaat. Dit was die naaswenner in KwaZulu-Natal en die droër westelike gebiede.

Limagrain se witmielie

LG31.753BR het die lig in die 2024/2025 seisoen gesien en reeds begin opspraak maak.

Hierdie kultivar het reeds verbeterde opbrengs teenoor LG31.747BR, wat klaar gewild is in die westelike produksiegebiede en steeds uitstekend presteer.

LG31.753BR is goed aangepas vir die oostelike en westelike gebiede van Suid-Afrika. Dit is ‘n medium-laat groeier, met ‘n vergelykende relatiewe volwassenheid (CRM) van 125 dae.

Hierdie kultivar is ‘n sterk meerkoppige wit kultivar wat kompenseer met groter en meer koppe wanneer die toestande gunstiger word, hoewel die kultivar ook baie goed aangepas is vir droër toestande.

LG31.753BR het ‘n uitstekende staanvermoë, droog vining af en het ‘n goeie blaarsiekteweerstandspakket. Saam met LG31.747BR en LG31.755BR, is hierdie drie kultivars een van die beste witmieliepakkette in die mark.

 

1

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

1