Categories: Artikels, VeilingsPublished On: 27th August 2024

Le Roc teel hulle eie kruisings … en jy kan daarvan koop by hulle volgende produksieveiling!

By 1 min read
262 words

Le Roc – 2024 Veiling advertensie 27_7_2024 jpg

As jy opsoek is na ’n groep uitstaande diere om jou stoet mee uit te brei, moet jy solank die dae begin aftel … want Le Roc se produksieveiling is om die draai!

Na 15 suksesvolle produksieveilings, beloof nommer 16 om ’n absolute treffer te wees.

Die Le Roc-groep het oorspronklik begin as ’n Brangus-stoet. Vandag is hulle fokus op die vrugbaarheid en aanpasbaarheid van hulle diere, sowel as om die genetiese potensiaal van hulle diere só te kweek dat dit na optimale groei lei.

Le Roc teel diere met uitstaande genetika. Mornay Verster, teler van Le Roc, het ook sy eie kruising waarmee hy werk! Hierdie ras, Rocmaster, gaan ook op aanbod wees. Hierdie bulle is goed aangepas vir die veld, vrugbaar en toon volgehoue groei. Hulle word spesiaal so geteel om geharde diere met ’n mediumraam te wees.

Die veiling vind plaas op 16 Oktober 2024 om 11:00. Woon die veiling by op plaas Eastry, Tweespruit of aanlyn.

Op aanbod is die volgende:

  • 200 Brangus vroulike diere
  • 20 Brahman vroulike diere
  • 50 Brangus bulle
  • 5 Poena Brahman bulle
  • 2 Droughtmaster bulle
  • 4 Rocmaster bulle

Boonop is daar nog ’n verrassing in die pyplyn: Saam met elke vroulike dier wat gekoop word, word ’n gratis strooitjie semen ingesluit. Dit is nou wat mens ’n winskopie noem!

Vir enige navrae of verdere inligting, kontak Mornay by (+27)82-779-1454. Hy is ook beskikbaar per e-pos by lerocbrangus@gmail.com. Besoek die Le Roc-webblad by www.leroc.co.za/shop en hul Facebookblad by www.facebook.com/lerocbrangus/. Kyk ook verder na die veiling hier: https://agri4all.com/product/le-roc-16de-produksieveiling-16-oktober-2024-11-00-plsas-eastry-tweespruit-south-africav. 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0