Landbou betree nuwe era

Capture
Minister John Steenhuisen, minister van landbou
Minister John Steenhuisen, minister van landbou, het op 8 Julie die Landboubegroting vir die 2025/2026-boekjaar in die parlement ter tafel gelê.
In sy voorafskouing, het hy gesê die voorlegging van die begroting meer as ‘n prosedurele verantwoordelikheid, maar ‘n keerpunt vir landbou. Daarmee verwys hy na die herstrukturering van die departement wat voortaan slegs op landbou sal fokus en nie meer ook op grondhervorming en landelike ontwikkeling nie. “Dit is die begin van ‘n meer doelgerigte, gefokusde en reaktiewe era in openbare landboubeleid.”
“Ons missie is dringend en ambisieus: om ‘n inklusiewe, mededingende en volhoubare voedingstelsel te bou wat niemand sal agterlaat nie.”
Landbousektor by ‘n kruispad
Volgens die minister staan landbou by ‘n kruispad: Aan die een kant is daar die buitengewone potensiaal van die sektor om werkgeleenthede te skep, tot die bruto binnelandse produk by te dra, uitvoere te versterk en nuwe lewe in landelike ekonomieë te blaas.
Aan die ander kant, is die risiko’s van klimaatsverandering, hoë insetkoste, biosekerheidskwessies, agteruitgang van die grond, swak infrastruktuur, ongelyke toegang tot markte en finansiering steeds ‘n werklikheid.
Daar is ook die menslike realiteit agter die syfers, naamlik kleinboere wat uitgesluit word van geleenthede, gesinne wat voedselsekerheid in die gesig staar, veeartsenykundiges wat oorlaai word en nie die nodige hulpbronne het nie, en ‘n volk wat eerder reageer op ‘n krisis as om voor te berei daarvoor.
Volgens hom is die begroting, wat ontwerp is om die trajek te verander, gegrond op die volgende sewe prioriteite:
- Vennootskappe vir groei
- Moderne en progressiewe regsomgewing
- Beter marktoegang
- Meer doeltreffende ondersteuning vir boere
- Beter biosekerheid en gereedheid vir rampe
- Voorspraak vir ‘n groeiende sektor
- Beter voedsel- en voedingsekerheid
“Dis nie slagspreuke nie – dit is ‘n oproep tot aksie en ‘n padkaart vir transformasie.”
Begrotingsoorsig
Die begroting is in lyn met vier kernprogramme, naamlik
- Administrasie
- Landbouproduksie, biosekerheid en natuurlike hulpbronne
- Voedselsekuriteit en ondersteuning
- Ekonomiese groei, handel en bemarking
“Elke program sal uitgevoer word met die fokus op impak, waarde vir geld, en interdepartementele koördinering.”
Sleutelintervensies
Program 1: Administrasie
Volgens Steenhuisen kan daar nie sprake van dienslewering wees sonder ‘n doeltreffende en etiese regering nie. “Ons is besig om ‘n nuwe makrostruktuur te finaliseer en sleutelsisteme te vaartbelyn met die doel om ons digitale integrasie van 18% tot 30% teen 2030 te verbeter.”
Die eerste verantwoordelikheid is ‘n beter verkrygingsoorsig en minder ouditbevindings, wat sal verseker dat elke bestuurder verantwoordelik gehou sal word vir prestasie-uitkomste teen vermorsing, ondoeltreffendheid en wanbestuur.
Program 2: landbou poduksie, biosekerheid en natuurlike hulpbronbestuur
Die grootste bedreiging vir die landbousektor nie die klimaat nie, maar onsuksesvolle biosekerheid. Die voëlgriep-uitbreking van 2023 het gewys dat dit nie net ‘n gesondheidsinsident was nie, maar ‘n sisteemskok. Eierpryse het die hoogte in geskiet, klein produsente het gevou en verbruikers se vertroue is daarmee heen. “Vandag sit ons met die uitbreking van bek-en-klouseer, en toenemende kommer oor varkpes en ander veesiektes. Biosekerheid is nie ‘n veeartskwessie nie – dit is ‘n nasionale prioriteit. Dit is so belangrik vir ons toekoms soos elektrisiteit, water en paaie.”
Om hierdie kwessie aan te spreek, kom die volgende tot stand:
‘n Biosekerheidsraad, met die gemeenskap se mandaat om openbare, private en gemeenskapsreaksie te koördineer;
‘n Nasionale Biosekerheidsooreenkoms met duidelike rolverdeling, entstofvoorraadvlakke, uitbrekingsprotokolle en infastruktuur-verpligtinge;
Die aanstelling van 50 dieregesondheidstegnici om te help met die dringende uitrol van inentings;
Prioritisering van die inperking van bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal en Gauteng, met gepaardgaande vooruit- en tru-nasporing;
Versterking van toesighouding en kapasiteit by Onderstepoort Biologiese Produkte om agterstande in te haal en produksie te moderniseer. Die vennootskap met die Universiteit van Pretoria se Nasionale Biosekerheidsentrum word ook uitgebrei en die toesig verbeter, asook die opleiding van studente. “Dit sal ons help om toekomstige uitbrekings te voorkom voor dit hand uitruk.”
Die regering se planne teen klimaatsverandering sal lei tot meer doeltreffende waterverbruik, ontwikkeling van droogtebestande oeste en beter weerstandigheid van kleinboere en opkomende produsente versterk. “Hierdie is noodsaaklike oorlewingstoerusting in ‘n klimaat wat al warmer word.”
Program 3: Voedselsekerheid en ondersteuning
“Voedselsekerheid is nie ‘n droom om na te jaag nie, dit is ‘n daaglikse krisis vir miljoene,” meen Steenhuisen.
Volgens die Nasionale Voedsel- en Voedingsekerheid-opname is slegs 36,5% van huishoudings voedselseker. Bykans 18% ervaar ernstige voedselonsekerheid. “En hierdie is nie net syfers nie: dit verteenwoordig ‘n kind wat honger gaan slaap, ‘n ouer wat maaltye prysgee, en drome wat opsy geskuif word.”
In reaksie, word die Nasionale Voedsel- en Voedingsekerheidsplan vir 20245/2025, gekoördineer deur die departemente van gesondheid, opleiding, sosiale ontwikkeling en omgewingsake toegepas.
- Meer skool-, gemeenskaps- en huistuine word aangelê.
- Verwaarloosde en onderbenutte spesies soos amarant, Afrika-blaargroente en Bambara-grondbone word promoveer vir voedingswaarde, veerkragtigheid en kulturele relevansie.
- Meer as 55 000 boere het opleiding ontvang, meer as 3000 landbou-gegradueerdes is in internskap programme geplaas en
- Al elf landboukolleges word by die hoer onderrigstelsel integreer om te verseker hulle is sentrums van uitnemendheid. “Dit is dus ook ‘n begroting vir die jeug,” sê Steenhuisen.
Soos by die Biosekerheidsberaad, beklemtoon hy dat die toekoms van landbou bepaal sal word deur die volgende geslag; nie diegene wat die grond erf nie, maar ook die wat klimaatslim-landboutegnieke toepas, siekte-uitbrekings moniteer en inligtingsisteme vir naspeurbaarheid skep. Hy sê dit is waarom nuwe weë in veartesenywetenskap, inligtingsdiens, agri-tech en praktiese leerlingskap op plase gebaan word. “Kom ons bemagtig die jeug sodat hulle ‘n nuwe soort landbou gewortel in wetenskap, gemeenskap en geleenthede kan skep.”
Program 4: Ekonomiese ontwikkeling, handel en bemarking
Volgens Steenhuisen is hy trots om bekend te maak dat landbou-uitvoere in 2024 R258 miljard beloop het. “Ons sal dit nie kan volhou as ons nie ons marktoegang beskerm en uitbrei nie,” sê hy.
Om dit te bewerkstellig:
- Word ‘n opgegradeerde Marktoegangstrategie gefinaliseer;
- Onderhandelinge is onderweg vir nuwe toegang tot Asië en die Midde-Ooste;
- Ons verdedig ons belange onder die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (AGOA) en die Europese Vennootskapsooreenkoms (EPA) raamwerke;
- Die opsporing en naspeurbaarheidstelsel sal opspoorbaarheid van vee te verbeter, veediefstal afskrik en geloofwaardigheid in ons uitvoere versterk;
- Volgens hom is die departement ook besig om die gemengde finansiële stelsel uit te brei om die jeug, vroue en ‘n klimaatslim-geleentheid in te sluit.
Hy meen die regering hoef nie alles alleen te doen nie, want Suid-Afrika is geseënd om van die besgeorganiseerde bedryfsliggame ter wêreld te hê – van Graan SA tot die Suid-Afrikaanse pluimveevereniging (SAPV) en die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika (SKV). “Hierdie instellings verleen struktuur, navorsing en dissipline aan hulle sektore.”
Volgens hom is die beste ding wat ‘n regering soms kan doen is om opsy te staan en ‘n politieke omgewing te skep wat geleenthede skep, markintegriteit verseker en die bedrywe toe te laat om leiding te neem.
“Dit is hoekom ons verander na beheer na samewerking – in plaas daarvan om van bo af besluite te neem, eerder ‘n mandaat te verleen vir openbare-private vennootskappe. Hierdie vennootskappe is die sleutel tot optrede van skaal, doeltreffendheid en innovasie, hetsy wanneer dit kom by die uitrol van inentingsprogramme, bevordering van handel of insluiting van kleinboere. Ons sal ons samewerking met handelaars, finansiers, prosesseerders en produsente-organisasies uitbrei tot ‘n kompeterende en inklusiewe waardeketting.
Politieke intervensies vir 2025/2026
- Vanjaar sal wysigings op die Wet op kunsmis, plaasvoere, landboumiddels en veemiddels finaliseer word;
- ‘n Landbou-digitale platform saam met die Food and Agriculture Organisation (FAO) gebou word;
- Die produsent-ondersteunings portaal in werking gestel; en
- Die Landbou-ondersteuningsweek aangebied word om tegniese ondersteuning op plase te lewer.
Bestuur, oorsig en dienslewering
Al klink ‘n strategie hoe rooskleurig, dit gaan op niks uitloop as ons instansies in gebreke bly nie. Dit is hoekom ons ‘n Regerings-oorsigraamwerk bekend gestel het wat tweejaarlikse prestasie- en ouditoorsigte, verbeterde direksie-aanspreeklikheid, en belyning met die Decadal Plan, en gevolgbestuur vir nie-prestasie in plek stel.
Instansies soos die Landbounavorsingsraad, die Onderstepoort Biologiese Produkte, die Bederfbare Produkte Uitvoerbeheerraad (PPECB) en die Nasionale Landboubemarkingsraad bestaan om ‘n diens te lewer, nie om te sit en slap nie.
Eenheid, dringendheid en ‘n nuwe landbou
Volgens John is die begroting nie net ‘n klomp getalle nie. “Dit is ‘n verklaring van voorneme, ‘n verbintenis om ‘n nuwe soort landbou te skep. ‘n Landbou wat jeuggedrewe, wetenskap-gebaseerd, klimaatslim en inklusief is . ‘n Landbou wat verstaan dat ‘n boer in Lehurutshe of Lusikisiki net so noodsaaklik is vir ons voedselstelsel as die hoof uitvoerende beampte (HUB) van ‘n wêreldwye landbou-uitvoerfirma.”
“Ons begin nie by die begin nie,” sê hy. “Ons bou Voort op die kragte van die sektor wat reeds funksioneel, georganiseerd en honger is vir groei. Soos pres Mandela gesê het: ‘nadat jy ʼn groot heuwel uitgeklim het, uitvind daar is nog talle heuwels om te klim.’ Ons is gereed. Laat ons saam klim.”