Kubota M135GX skitter as veelsydige werkesel by Val Boeredag

IMG_4607
Die Kubota M135GX se krag kom van die 6-silinder Kubota-dieselenjin wat ’n indrukwekkende 99 kW lewer. Hierdie enjin is spesiaal ontwikkel vir landboudoeleindes, met uitstekende wringkrag oor ’n breë enjinspoedreeks en lae brandstofverbruik.
Tydens die jaarlikse Val Boeredag wat plaasgevind het op 2 Julie 2025, het Smith Power Equipment die geleentheid aangegryp om die krag, betroubaarheid en veelsydigheid van die Kubota M135GX aan plaaslike boere te demonstreer.
Hierdie trekker het weereens bewys dat hy ’n slim belegging is vir enige boer wat hoë werkverrigting, gemak en lae bedryfskoste benodig. Besoekers kon die trekker self aan die werk sien en waardeer waarom hy so gewild is in sy klas.
Slim ontwerp en gerief wat tel
Die eerste indruk van die Kubota M135GX is sy elegante maar robuuste voorkoms. Die trekker is toegerus met die ruim Grand X-kajuit, wat ontwerp is vir maksimum gemak en produktiwiteit. Die kajuit bied uitstekende sigbaarheid in alle rigtings, met groot vensters en ’n dakvenster vir beter sigbaarheid, veral in die laaigraaf-modelle.
Binne-in is die kajuit ruim, stil en gerieflik, met goed geplaasde kontroles wat die werk maklik en minder vermoeiend maak. Die digitale moniteerstelsel hou die bestuurder op hoogte van alle belangrike meterslesings, soos brandstofverbruik, kragaftakker-toerusting en hidrouliese vloei. Met sy verstelbare stuurwiel en pneumatiese sitplek word selfs lang dae op die land ’n plesier.
Getoetste en beproefde enjinprestasie
Onder die enjinkap skuil ’n 4-silinder Kubota-turbodieselenjin wat ’n indrukwekkende 99 kW lewer. Hierdie enjin is spesiaal ontwikkel vir landboudoeleindes, met uitstekende brandstofverbruik. Die enjin is ontwerp met die doel om brandstofdoeltreffendheid en betroubaarheid te verseker, sodat boere elke liter diesel optimaal benut.
Met die Kubota M135GX het jy die krag wat jy nodig het om die taak te voltooi. Die trekker se kragaftakker kan lag-lag ‘n verskydenheid tipes toerusting aandryf met Kubota se 2-spoed kragaftakker (540 rpm en 1000 rpm). Om werkverrigting verder te verbeter kan die onafhanklike kragaftakker vanuit die kajuit aan en afgeskakel word sonder om die trekker tot stilstand te bring.
Doeltreffende hidrouliese stelsels vir moderne werktuie
Een van die hoogtepunte van die Kubota M135GX is sy hidrouliese vermoë. Die trekker beskik oor ’n hidrouliese pomp met ’n vloei van tot 63 liter per minuut, wat meer as voldoende is om moderne, veeleisende werktuie aan te dryf.
Met drie dubbelwerkende hidrouliese kleppe agter en ’n agterhyser wat tot 6 100 kg kan lig, is die trekker gereed om met ’n groot verskeidenheid werktuie te werk wat swaar ploeë tot balers en spuite insluit. Hierdie stelsel is nie net kragtig nie, maar ook maklik om te beheer en presies genoeg vir presisie-werk, wat tyd en moeite bespaar.

Tydens die demonstrasie by Val Boeredag het boere eerstehands gesien dat die M135GX ’n uitstekende trekker in sy klas is wat balans bied tussen krag en bedryfskoste. Hier word die Kubota ingespan voor die Agromast BT30 hoë-spoed dis.
Lae bedryfskoste en maklike instandhouding
Die M135GX laat die somme klop met ‘n lae koste van eienaarskap. Die trekker is ontwerp om maklik versienbaar te wees met maklike toegang tot alle filtreerders en ander noodsaaklike dienspunte. Dit help boere om versiening vinnig en eenvoudig self of met Smith Power se tegniese span te hanteer.
Kubota het ook verseker dat die enjin en ratkas so ontwerp is dat staantyd tot die minimum beperk word en onderdele maklik beskikbaar is. Voeg daarby die bekende brandstofdoeltreffendheid van Kubota en jy kry ’n trekker wat jou oor die jare geld spaar sonder om op werkverrigting in te boet.
Waarom boere op die nutstrekker vertrou
Tydens die demonstrasie by Val Boeredag het boere eerstehands gesien dat die M135GX ’n uitstekende trekker in sy klas is wat balans bied tussen krag en bedryfskoste. Sy veelsydigheid maak hom geskik vir klein en groot plase, en sy robuuste konstruksie beteken dat hy die uitdagings van die Suid-Afrikaanse landbou met gemak hanteer. Die feit dat hy betroubaar is én die koste oor tyd laag bly, maak hom ’n slim belegging vir die toekoms.

Die trekker is toegerus met die ruim Grand X-kajuit, wat ontwerp is vir maksimum gemak en produktiwiteit. Die kajuit bied uitstekende sigbaarheid in alle rigtings, met groot vensters en ’n dakvenster vir beter sigbaarheid.
’n Betroubare vennoot op jou plaas
Met sy kombinasie van uitstaande gerief, hoë werkverrigting, lae onderhoudskoste en hidrouliese krag is die Kubota M135GX ’n ware vennoot vir boere wat veelsydigheid, hoë produktiwiteit en doeltreffendheid soek.
Vir meer inligting oor die Kubota M135GX en hoe jy hierdie trekker op jou plaas kan kry, besoek www.smithpower.co.za of kontak jou plaaslike Smith Power-verteenwoordiger.