Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 13th March 2024

Kry die veiligste passasiersvoertuig by Mahindra Alberton

By 3 min read
495 words

XUV300 – 1

As jy nog nie weet dat die Mahindra XUV300 as een van die veiligste motors in Afrika benoem is nie, dan is dit nou die tyd om jou ore te spits. Dié besonderse prestasie is in 2021 aangekondig en het reeds gelei tot talle verkope van die motor.

Die XUV300 word erken as die motor met die hoogste vyfster-veiligheidsgradering deur Global NCAP (New Car Assessment Programme). Hierdie is ՚n projek wat begin is om die veiligheid van motors wêreldwyd te verseker en vervaardigers by te staan met die verbetering van gehalte motorveiligheid. Tussen al die motors vir die Afrikamark is dié Mahindra-sportnutsvoertuig dus die uitblinker!

Wat meer is, die XUV300 spog boonop met ՚n vierster-kinderveiligheidsgradering. Die veiligheid van kinders as passasiers word afsonderlik beoordeel. Dit behels ՚n toets wat kyk na die beperkingstelsel (gordels en vasmaakpunte) in die voertuig wanneer die voertuig ՚n kop- of sybotsing beleef. Dan word daar ook gekyk na die model se vermoë om verskillende karstoeltjies van verskeie groottes te akkommodeer. Mahindra noem dit ISOFIX-karstoeltjiemonterings. Laastens kyk die toets na die voorsiening wat die voertuig as ՚n geheel maak vir die veilige vervoer van kinders.

Mahindra is toegewyd aan veiligheid

Die Indiese vervaardiger het bewys dat hulle toegewyd is aan die verskaffing van gehalte voertuie wat veiligheid bevorder. Die Mahindra XUV300 het die beste resultate getoon teenoor mededingers met betrekking tot die sy-impak van ՚n botsing. Met hierdie uitslae is ՚n nuwe maatstaf gestel vir voertuie in die Suid-Afrikaanse, maar ook Afrika-mark.

Volgens Rajesh Gupta, die uitvoerende hoof van Mahindra Suid-Afrika, is die vyfster-gradering van die Global NCAP die hoogste vorm van erkenning van veiligheid wat die model kon kry. “Wanneer die voertuig se passiewe veiligheid saam met sy werksverrigting, uitstekende padvermoë en dinamiese stuurvernuf oorweeg word, is dit duidelik die perfekte sportnutsvoertuig vir Suid-Afrikaanse gesinne.

“Boonop bied ons ook ongeëwenaarde waarde ten opsigte van styl, werksverrigting en bykomstige kenmerke.”

Wat maak die Mahindra XUV300 veilig?

Die hoofveiligheidskenmerke waarmee die XUV300 spog is die sewe lugsakke, insluitend knie-lugsakke wat die bestuurder se knieë beskerm tydens ՚n trompop botsing. Die ander lugsakke is dubbel lugsakke voor in die voertuig, sylugsakke en gordynlugsakke wat insittendes teen glasstukke van die vensters beskerm.

Verder is daar skyfremme aan elk van die vier wiele, sensors aan die voorkant om te help met parkering, asook spesiale truspieëltjies wat die bestuurder se siglyn verbeter.

Die motor het ՚n ingeboude elektroniese stabiliseringsprogram wat die Dynamic Steering Torque-kenmerk bevat.

Vir die bestuurder se gerief is daar toerusting wat sorg dat die motor nie terugrol nie en ook help met die wegtrek teen skuinstes. Temperatuur en druksensors op die bande verseker dat jy ook altyd die regte lugdruk in die bande het. Die lugremme het elektroniese remkragverspreiding.

Misligte voor en agter maak die rit in gevaarlike weersomstandighede ook veiliger.

Moet dan ook nie jou sitplekgordelkennisgewing vergeet nie…

Toetsbestuur ՚n Mahindra XUV300 ligte sportnutsvoertuig by Mahindra Alberton vandag. Bespreek by https://www.mahindraalberton.co.za/book-a-test-drive/ of skakel (+27)87-803-1108.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0