Categories: Artikels, NuusPublished On: 6th September 2024

Kom sien landbou in ’n nuwe lig by NAMPO Kaap

By 1 min read
209 words

aig logo

Landbou is beslis nie ’n bedryf vir sissies nie. Met tegnologie wat ontwikkel teen die spoed van lig en meer uitdagings as wat mens kan opnoem, is die beste wapen tot enige boer se beskikking: kennis.

Agri in Gesprek en AgriXtra bied paneelgesprekke aan vir die opbou van kennis van alles landbou!

Hierdie landbou-paneelgesprekke is nie net vir boere nie. Die onderwerpe gaan oor kritiese kwessies in die landboubedryf wat alle rolspelers raak. Dit is die gulde geleentheid om die waarheid direk van landboukenners af te hoor.

Van die onderwerpe wat bespreek gaan word sluit in hoe besighede landbou bou, die landboulandskap na die verkiesing, opleiding in landbou, navorsing vir groei, die insetkoste knyptang en wat werk in die Wes-Kaap.

As jy jouself by NAMPO Kaap bevind, is hierdie geleentheid een wat jy met albei hande moet aangryp – en as jy nie beplan het om NAMPO Kaap te besoek nie, is hierdie die geleentheid wat jou dalk jou besluit moet laat heroorweeg.

Wees deel van die gesprek wat saak maak.

Moet dit nie mis nie!

Die paneelgesprekke vind plaas van 11 tot 13 September, in die Santam Auditorium.

En wil jy die goeie nuus hoor? Toegang is heeltemal gratis! Bespreek slegs aanlyn by www.agrigesprek.co.za.

Kyk die video hier!

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0