Junie 2021: Trekker- en Stroperverkope

6025052317_891618c2fe_c
Artikel voorsien: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie
7 Julie 2021
Kleinhandelverkope van landboumasjinerie vir Junie 2021 was soos volg:

Trekkerverkope van 633 eenhede in Junie is byna 43% meer as die 444 eenhede wat verlede Junie verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope nou 27% meer as verlede jaar. In Junie is 30 stropers verkoop, 13 eenhede meer as die 17 eenhede wat verlede Junie verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope nou byna 32% meer as verlede jaar.
Met die uitstekende somergewasse oor die algemeen, asook goeie vooruitsigte vir wintergewasse, bly optimisme in die bedryf vir landboumasjinerie hoog. Die meeste somergewasse is nou geoes en boere begin voorberei vir die komende somergewassseisoen.
Die huidige buitengewone vlakke van verkope dui daarop dat boere die geleentheid benut om toerusting te vervang. Dit sal waarskynlik oor die korttermyn volgehou word. Huidige ramings dui daarop dat trekkerverkope vir die 2021-kalenderjaar tussen 15 en 20% meer sal wees as verlede jaar.
Karel Munnik
Voorsitter: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie
Kontak: mnr. Karel Munnik (082) 412-2577 of dr. Jim Rankin (011) 453-7249