Johanri Dormers se aanbod vanjaar spreek boekdele oor hulle benadering tot skaap teel

Picture1
Johan Barnard se uitstekende JB Genetika gaan vanjaar weergalm in Kroonstad by die Kroon Boma. Die gehalte wat onder die hammer gaan val by die Johanri Dormers Produksieveiling op 3 Februarie 2024, spreek boekdele oor Johan se benadering tot skape teel.
Johanri Dormers het een doel voor oog: ‘n Dormer skaap wat kenmerkende JB Genetika toon. Wat beteken dit? Wel, dit is genetika waar kwaliteit, eenvormigheid, vrugbaarheid en groei ooglopend is.
Wanneer dit kom by diereseleksie, glo Johan dat prestasiedata nie altyd beklemtoon moet word nie. Hy verduidelik dat alhoewel daardie inligting belangrik is, dit wel nie belangriker moet wees as die werklike kondisie en vertoning van ‘n teeldier nie. “Daar moet balans wees,” lig Johan uit. Hy spreek sy kommer uit oor die feit dat boere te veel aandag gee aan prestasiedata en dat die fenotipiese eienskappe van die diere maklik agterweë gelaat word.
“Mense koop enige iets eers met die oog. As hy mooi vertoon, trek hy meer aandag as wat die indrukwekkende syfers doen,” grynslag hy.
Verder brei Johan uit dat die ramme wat op aanbod is vir die 2024 produksieveiling uit vier van sy top kuddevaars geteel is. Hy kan nie sy opgewondenheid beteul oor die besonders eenvormigheid wat hulle toon nie. “Wat my veral opgewonde maak, is hulle agterkwarte, hulle lyk presies dieslefde!” juig Johan met ‘n glinster in sy oog.

Storm
Sy ooie wat baie noukeurig uitgesoek is vir die veiling, spog met ongelooflike syfers en hulle is dragtig by die legendariese Dormer ram Storm.

Johan, Anri en die gesin se sukses is ten alle tye gesamentlike sukses. Hierdie egpaar se spanwerk, begrip vir mekaar en hoe hulle mekaar aanvul is die kern speserye in hierdie wenresep wat Johanri Dormers se bestuur ‘n wenner maak.

Johan- en Anri Barnard stap die pad saam met die veilingsramme na ‘n suksesvolle veiling.

Geloof, liefde, dankbaarheid en harde werk is die vier pilare waarop die Barnard gesin hulle boerdery baseer. Waar hulle saam die skape werk straal dit uit in die sorgsaamheid en noukeurigheid waarmee hulle elke taak verrig.
Johanri Dormers nooi elkeen hartlik uit om die dag saam te kom geniet.
Wil jy graag spog met jou lewendehawe? Kontak een van ons lewendehawe spesialiste:
Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com
Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com
