Irrigation Unlimited wys hulle betroubare produkte om jou te help water bespaar by NAMPO Kaap 2025

20250911_134621
Die manne van Irrigation Unlimited by hulle standplaas vanjaar by NAMPO Kaap 2025 waar hulle reggestaan het om al boere se vrae rondom besproeiing te beantwoord.
In ’n tyd waar klimaatsverandering en watertekorte elke boer se besluitneming beïnvloed, is effektiewe besproeiing nie net ’n hulpmiddel nie, dit is ’n noodsaaklikheid vir volhoubare voedselproduksie.
Irrigation Unlimited het vanjaar by NAMPO Kaap 2025 weer hulle uitgebreide reeks besproeiingstoerusting aan boere voorgestel, met vernuwende oplossings wat help om water te bespaar en by elke boer se unieke behoeftes aan te pas.
Henko Cilliers, takbestuurder by Irrigation Unlimited, vertel meer oor hulle verskeie besproeiingstoerusting- en oplossings.

Henko Cilliers in aksie waar hy ons meer vertel oor hulle besproeiingsoplossings by NAMPO Kaap.
- Sweetwater vlotterkleppe
Die sweetwater vlotterklep is gemaak van vlekvrye staal en is plaaslik vervaardig. Hy verskaf hoë volume water en kom in ‘n netjiese verpakking. Geen skaap sal hom kan afbreek of afkou nie.
- Mini-tuin drupstelsel
Hierdie is perfek vir kleinskaalse boere en jou tuin. Die drupstelsel is beskikbaar in 100 m en 300 m met ‘n 0,9 mm wanddikte en ‘n 30 cm spasiëring.

Irrigation Unimited se drupbesproeiingstelsel kan die uiterste son en hitte hanteer.
- Drupbesproeiingstelsels
“Ons drupstelsel se vloeistelsel kan ons maak volgens jou spesifieke behoeftes in ‘n 0,15 tot 0,9 m met ‘n wanddikte van 1 mm wat jou baie jare in die son sal hou,” verduidelik Henko.
Hierdie stelsels is ontwerp om water direk na die wortels van plante te lewer, wat waterbesparing en beter gewasgroei bevorder. Drupbesproeiing is ideaal vir groenteproduksie, boordgewasse en ander gewasse waar presiese waterbeheer noodsaaklik is.
- Afriq se staal kunsmistenks
Die kunsmistenks kom in ‘n 60 liter, 100 liter en ‘n 200 liter vir vloeibare kunsmis. Sy deksel is baie gerieflik met die oop en toemaak. Die voordeel van vloeibare kunsmis is dat dit gelyk oor die gewasse versprei word wat tyd en arbeid bespaar.
- Vinnige HDPE koppeling pypstelsel (Quick coupling HDPE)
“Die stelsel is lig in gewig, maklik om te skuif, het geen diefstalfaktor, is baie pryskompeterend, gerieflik, prakties en maklik om te installeer,” voeg Henko by.
’n Stelsel gemaak van 6 m HDPE-pype, met vroulike en manlike koppe wat aan die ente van die pype geheg word. Plastiek-koppelstukke word gebruik in plaas van metaal, wat die koste aansienlik verminder.
HDPE (High-Density Poly Ethylene Pype) is baie dik en sterk pype wat lig genoeg is en maklik verskuif kan word na waar nodig is. Dis ’n vinnige en maklike koppeling
uiters duursaam. aanpasbaar volgens behoefte. Die pype is ontwerp om te hou in alle klimaatstoestande, van ysige winters tot uitermatige warm somers. Dit is UV-beskerm en uiters duursaam om te hou teen die son.

Rotrix se kruipspuite by NAMPO Kaap 2025.
- Maklik verskuifbare Rotrix-kruipspuite
Hierdie selfaangedrewe spuite is ontwerp om sonder elektrisiteit te werk, wat dit ideaal maak vir afgeleë lande of tydens beurtkrag. Alhoewel die spuite nie krag in die veld nodig het nie, het dit steeds die vloei en druk van ‘n pomp nodig om te funksioneer. Dus, het dit een of ander bron van krag nodig en kan wel gedurende beurtkrag funksioneer solank daardie bron diesel aangedrewe is.
Die spuite gebruik waterdruk om ‘n ratkas aan te dryf wat die pyp oprol om ‘n spuitkarretjie wat water oor die land versprei in te katrol.
Die verskillende Rotrix kruipspuite wat by die standplaas was:
- Die Hosemaster 100 kan met die hand oopgerol of afgerol word.
- Die Sportsman model is die kleinste van die kruipspuit-modelle. Die spuit gee 25 m bane op 12 m radius.
- Die Rotrix Greenkeeper is 200 m in lengte en kan 6 hektaar in ‘n week besproeiing gee.
- Die Rainmaker model is ook ‘n 200 m model met dubbelspuite wat dubbel die kapasiteit vir jou gee en is perfek vir enige omstandighede.
Vir meer inligting besoek www.iunlimited.co.za of kontak hulle by:
Pretoria: 012-736-2121
Kaapstad: 021-946-1194