Categories: Artikels, BesproeiingPublished On: 28th May 2025

Irrigation Unlimited skitter by NAMPO met praktiese besproeiingsoplossings

By 3 min read
595 words

IMG_3890

Besoekers tydens die afgelope NAMPO kon prakties sien hoe drupbesproeiingstelsels werk deur die uitstallings wat Irrigation Unlimited se span by hulle standplaas aangebied het.

Irrigation Unlimited het tydens NAMPO weer hulle toewyding aan volhoubare en doeltreffende landboupraktyke bewys. Met ‘n fokus op hulle uitgebreide reeks produkte en dienste, het die maatskappy beklemtoon hoe hulle boere help om elke druppel water optimaal te benut.

Ocmis-kruipspuite: Selfaangedrewe doeltreffendheid

Een van die hoogtepunte by Irrigation Unlimited se uitstalling was die Ocmis-kruipspuite. Hierdie selfaangedrewe spuite, ingevoer uit Italië, is ontwerp om sonder elektrisiteit te werk, wat dit ideaal maak vir afgeleë lande of tydens beurtkrag. Alhoewel die Ocmis nie krag in die veld nodig nie, het dit steeds die vloei en druk van ‘n pomp nodig om te funksioneer. Dus, het dit een of ander bron van krag nodig en kan wel gedurende beurtkrag funksioneer solank daardie bron diesel aangedrewe is.

Die spuite gebruik waterdruk om ‘n ratkas aan te dryf wat die pyp oprol om ‘n spuitkarretjie wat water oor die land versprei in te katrol.

Modelle soos die R1/1-75/220 en die R2/2-100/300 bied verskillende pypgroottes en -lengtes om aan verskeie besproeiingsbehoeftes te voldoen. Die Ocmis-stelsels staan uit vir hulle robuustheid, betroubaarheid en die gemak waarmee dit bedien en onderhou kan word.

Die selfaangedrewe kruipspuite van Irrigation Unlimited is al ‘n algemene gesig op baie plase in Suid-Afrika. Dit is ‘n uitstekende besproeiingstelsel vir landerye waar spilpunte nie ‘n opsie is nie, en kan maklik deur een persoon en ‘n trekker verskuif word.

Drupbesproeiingstelsels: Presisie en waterbesparing

Irrigation Unlimited het ook hulle nuwe reeks drupbesproeiingstelsels, vervaardig deur Afriq Water, bekendgestel. Hierdie stelsels is ontwerp om water direk na die wortels van plante te lewer, wat waterbesparing en beter gewasgroei bevorder. Die stelsels is aanpasbaar volgens die boer se spesifieke behoeftes, met ‘n wagtydperk van een tot twee weke vir bestellings.

Drupbesproeiing is ideaal vir groenteproduksie, boordgewasse en ander gewasse waar presiese waterbeheer noodsaaklik is.

Toebehore vir ‘n volledige besproeiingstelsel

Om ‘n volledige en doeltreffende besproeiingstelsel te verseker, bied Irrigation Unlimited ‘n verskeidenheid toebehore aan. Dit sluit in:

  • Kleppe en pompe: Vir die beheer van waterdruk en -vloei in enige stelsel.
  • Sproeiers en filters: Om ‘n egalige waterverdeling te verseker en vuil deeltjies uit die stelsel te verwyder.
  • Pype en koppelstukke: Beskikbaar in verskeie groottes en materiale, insluitend volversinkte staal en ligter plastiekpype van Afriq Water, wat maklik hanteerbaar en minder aanloklik vir diewe is.

Die kombinasie van gehalte komponente en tegniese kundigheid stel boere in staat om stelsels saam te stel wat pas by hulle spesifieke produksiebehoeftes en waterbronne.

Mias van der Walt, gebiedsbestuurder van Irrigation Unlimited was een van die spanlede wat besoekers verwelkom het en meer inligting gedeel het oor die vernuftige besproeiingstelsels wat Irrigation Unlimited aan boere bied.

Diens en ondersteuning: ‘n vennootskap vir sukses

Sedert sy ontstaan in 2003 as die bemarkingsarm van Wahl Industries, het Irrigation Unlimited homself gevestig as ‘n diensgerigte groothandelaar wat toerusting deur ‘n netwerk van agente versprei.

Die maatskappy is die eksklusiewe verspreider van handelsmerke soos Wahl, Sime, Vyrsa en Ocmis in Sub-Sahara Afrika.

Boere waardeer die tegniese ondersteuning en naverkopediens wat saam met elke produk kom. Die span help klante van konsep tot installasie deur ‘n netwerk handelaars en bied praktiese oplossings vir besproeiinguitdagings – groot of klein.

Irrigation Unlimited se deelname aan NAMPO 2025 het hulle verbintenis tot die verskaffing van praktiese, betroubare en vernuwende besproeiingsoplossings vir die Suid-Afrikaanse landbougemeenskap beklemtoon.

Met ‘n fokus op selfaangedrewe spuite, presisie-besproeiingstelsels en ‘n volledige reeks toebehore, bied hulle boere die gereedskap om hulle besproeiingspraktyke te optimaliseer en volhoubare opbrengste te behaal.

Vir meer inligting oor Irrigation Unlimited se produkte en dienste, besoek hulle webwerf by https://iunlimited.co.za/ of kontak hulle by 012-736-2121.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0