Hoë temperature verhoog waterspanning by mielies

397gbik
Mielies onder erge droogtespanning. (Foto: assets.syngentaebiz.com)
Uiterste hitte verhoog waterspanning
- Hoë temperature kan mielies regstreeks raak deur fotosintese te verminder en bestuiwing te beperk. Die groter impak kom egter by die interaksie tussen oormatige hitte en waterspanning in die tyd.
- Hoër temperature skep ‘n hoër dampdruktekort (DDT) tussen die versadigde blaar se binnekant en die omringende lug buite die blaar.
- Bogenoemde het tot gevolg dat die transpirasiespoed van plante verhoog en dit het weer ՚n groter aanvraag na grondwater tot gevolg, wat gouer lei tot tekens van droogtespanning by plante.
Dampdruktekort (DDT)
- Dampdruktekort (DDT) kombineer relatiewe humiditeit (RH) en temperatuur tot ՚n enkele veranderlike om die verdampingspotensiaal van die atmosfeer te verduidelik.
- Die ruimte binne die blaar word aanvaar as 100% versadig met water.
- Waterdamp beweeg van ՚n gebied met ՚n hoër konsentrasie na ՚n gebied met ՚n laer konsentrasie.
Solank die vog in omringende lug rondom ՚n blaar minder as 100% is sal dit vog uit die blaar onttrek deur transpirasie. Hoe groter die DDT tussen die binnekant van die blaar en die omgewing is, hoe vinniger sal die vog uit die blaar onttrek word. Temperatuur is belangrik in die verhouding, want DDT verhoog eksponensieel met temperatuurtoename. Dit is ook die geval al bly die relatiewe humiditeit konstant (figuur 1).
- Figuur 1: Dampdruk van water by relatiewe humiditeit en temperatuur. Soos temperatuur verhoog, verhoog die verskil in dampdruk tussen die binnekant van blare en die omliggende omgewing.
- Figuur 2: Huidmondjies en huidmondjiekanale. Huidmondjies sorg vir die verwisseling van water en CO2 tussen die blaar en die atmosfeer. Huidmondjiekanale dien weer as roetes waar water in waterdamp verander en na die atmosfeer verdamp.
Mielies se reaksie op hoër DDT
Mielies reageer op hoër DDT deur hulle huidmondjies te sluit. Dit help vog bewaar vir tye waarin die verdampingsaanvraag laer is (figuur 2). Huidmondjies wat toe is lei tot laer fotosintese asook vermindering in CO2. Plante ontwikkel stadiger gedurende die tyd wat huidmondjies gesluit is.

Uiterste temperature verhoog DDT
- Die wateraanvraag is aansienlik hoër by hoër temperature.
- Die verhoogde watervraag in uiterste hitte is aansienlik – indien temperatuur van 27 tot 35 °C verhoog, veroorsaak dit dat die wateraanvraag verdubbel (Lobell et al., 2013).
- Die skade wat deur uiterste hitte veroorsaak word, kan gedeeltelik oorkom word deur bykomende besproeiing te gee, maar nie geheel uitgeskakel word nie (Robberts et al., 2013).
- Lobell (2013) het die invloed van ՚n 20% vermindering in reënval oor ՚n maand en ՚n 2 °C verhoging in temperatuur oor dieselfde maand op die spanningsvlak van mielies vergelyk. Sy bevinding was dat ՚n 2 °C verhoging in temperatuur tot meer spanning by die plante gelei het as ՚n 20% vermindering in reënval.
- Daar is ook gevind dat seisoenale reënval minder korrelasie met uiteindelike opbrengs gehad het as wat algemeen aanvaar word. Om aan die plant se aanvraag te voldoen oor die seisoen wanneer dit benodig word is belangriker.
Kernpunte:
- Hoër temperature veroorsaak dat die transpirasiespoed van plante verhoog en dit het weer ՚n groter aanvraag na grondwater tot gevolg, wat gouer lei tot droogtespanning in die plante.
- Die verhoogde watervraag in uiterste hitte is aansienlik – indien die temperatuur van 27 tot 35 °C verhoog, veroorsaak dit dat die wateraanvraag verdubbel.
- Mielies onder spanning beskerm hulleself deur hulle huidmondjies toe te maak. Dit bewaar vog ten koste van CO2-inname wat nodig is vir fotosintese.
Vir meer inligting oor Pioneer se navorsing en produkte, besoek www.pioneer.com/za of stuur ՚n e-pos na info.rsa@pioneer.com.

