Categories: Animal handlingPublished On: 28th May 2024

Het jy ‘n bielie van ‘n bees? Dan kort jy Algar se Bielie-kraal

By 2 min read
395 words

20240514_123528

Algar se veehanteringstoerusting is al jare lank bekend onder boere. Die stelsels word ontwerp deur boere vir boere. By NAMPO 2024 het Algar hulle nuwe Bielie-kraal bekend gestel. Die stelsel bestaan uit die Bielie-klamp, Bielie-gang en Bielie-fuik.

Charlotte Esterhuizen van Algar praat oor die voordele van die Bielie-kraal.

Charlotte Esterhuizen van Algar Veehantering sê die Bielie-kraal is spesiaal ontwikkel om jou diere vinnig en met min spanning te hanteer.

Eerste is die Bielie-drukgang. Die 210-grade fuik maak dit maklik om jou diere in die gang in te lei. Die hek sluit vas soos wat jy hom beweeg en die binneste kraalpaneel skuif saam met die drukhek. Dit maak die dooie spasie toe sodat jou beeste nie kan terugdruk nie.

Bykomende skuifhekke kan ook aangebring word.

Algar se stelsels het ook unieke verstelbare gange wat kan vernou van 750 mm tot en met 350 mm. Dit verhoed dat jou kalwers kan omdraai in die gange.

Die gang eindig met ‘n H-tipe nekklamp wat die volle wydte van die gang oopmaak. Die klampe se deure sluit enige plek vas.

“Dit maak nie saak waar jou nekklamp sit nie, waar hy is, is hy vas,” vertel Charlotte.

Die Bielie-kraal spog met H-tipe nekklampe wat net so wyd soos die drukgang kan oopmaak.

Dan het hulle ook die Bielie-boks bekend gestel. Die stewige hanteringsruimte het dieselfde H-tipe nekklamp as die drukgang en kan die volle wydte van die gang oopmaak. Die boks het elf toegangshekke wat dit maklik maak om jou dier oral by te kom.

Charlotte verduidelik: “Jy kan die nek bykom, die voorste hoewe en ook die rug. Die onderste hek kan gebruik word as ‘n melkhek indien jy ‘n kalfie het wat moet suip.”

Die Bielie-boks het elf toegangshekke sodat jy oral by jou dier kan uitkom.

Die balk in die middel van die boks se sykant kan ook verwyder word wanneer jy jou diere wil brandmerk.

Met hierdie Bielie-kraal kry jy al die voordele wat Algar se veehanteringstelsels al jare lank bied, maar nou nog meer bekostigbaar. Die gange en nekklampe is bietjie laer maar lewer dieselfde doeltreffendheid om jou te help om jou diere te hanteer.

Algar is die vervaardiger van nekklampe, lyfklampe, stelsels vir skape, kantelaars en enige ander produkte wat jy benodig vir jou veehantering.

Besoek hulle webtuiste www.algar.co.za om meer uit te vind oor die Bielie-kraal asook hulle ander produkte.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0