Categories: Artikels, GewasproduksiePublished On: 20th September 2023

Help sojabone regtig mekaar vir opkoms vs populasie by 91cm rywydte?

392 words

pioneer 2

Foto 1. Hier kan duidelik op die skematiese voorstelling van die hommeltuig gesien word dat daar gapings in die rooi lyne is as gevolg van swak stand in die planterbaan.

Inleiding

Baie mense dink meer daaraan om meer sojaboonpitte per hektaar te plant, omdat dit mekaar help opkom in die ry om sodoende met ‘n goeie plantpopulasie te realiseer, as wat dit regtig gaan oor ‘n opbrengsverhoging.

Plantspasiëring moet aan gedink word in twee rigtings:

1) binne ryspasiëring en

2) tussen ryspasiëring.

By ‘n gegewe plantbevolking, as ryspasiëring verminder, verminder die plantspasiëring binne die ry, verhoog en lei tot ‘n meer ewewydige plantspasiëring. Dus, indien ryspasiëring toeneem, neem die plantspasiëring binne die ry ook toe. Die term plantpopulasie verwys na die aantal sojaboonplante per hektaar. “Seed rate” of “planting rate” verwys na die aantal sojaboonsade wat per hektaar geplant word om ‘n sekere plantestand te bereik.

Potensiële probleme met swak stand by sojabone

Plantpopulasie hang af van saadbedtoestande en planterinstellings.

Nog faktore wat bydra is om in ‘n swak saadbed te plant:

Ø om saad van swak gehalte te gebruik (geen kiemingstoetse);

Ø onakkurate planteraanpassings te maak;

Ø te vinnig plant;

Ø grondkorsvorming;

Ø grondvog uiterstes te trotseer;

Ø en omgewingsgeïnduseerde plantbeserings soos onkruiddoderdrywing, patogene, insekte, hael of ryp verminder alle plantbevolking wat benodig word.

‘n Groter “seed rate”/ “planting rate”, bv., as 280 000 plante per hektaar die plantpopulasie is wat nodig is tydens oes om opbrengs te maksimeer, sal meer as 280 000 sade geplant moet word om op te maak vir plantverlies deur die seisoen. Die verhoging van die “planting rate” moet aangepas word met 15 tot 30% bo die verlangde finale plantestand om te vergoed vir plantverlies wat deur die seisoen plaasvind.

Gemiddelde getalle per stand teenoor tellings gedoen op V3 van sojabone (werklike populasie) en die % verlies.

Alle getalle is verwerk na per hektaar.

Tabel 1. Hier kan die ware getalle gesien word op V3 groeistadium van die sojabone wat getel is met ‘n hommeltuig.

Gevolgtrekking

Die gemiddelde verskil op ‘n 250 000 “planting rate” en die werklike populasie op ‘n V3 stadium is 11,4% verlies. Op ‘n 450 000 “planting rate” is die verlies slegs 1,6% Hierdie data is slegs op 91cm rywydte gedoen, dws dat resultate sal verskil met 76 en 52cm rywydtes, omdat plantspasiëring binne in die ry sal vergroot. Groter verskille sal ook gekry word tydens meer ongunstige toestande. Die kultivar wat gebruik is, is P64T39R wat goed opkom. Die feit bly staan dat sojabone mekaar tog bietjie help met opkoms indien die plantspasiëring binne in die ry baie naby is.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0