Categories: Artikels, Vee en Wild, VeilingsPublished On: 12th August 2024

Halfmiljoen vir top Bonsmara-bul

By 3 min read
630 words

Lot 8

Die Bonsmara Genetics-groep het op Vrydag, 9 Augustus hulle tweede produksieveiling op die plaas, Smallepad, Roedtan, gehou. Die gehalte diere wat die Bonsmara Genetics-groep tydens die veiling aangebied het, het die groep se beleid en visie weerspieël – om die Bonsmara-voetspoor regoor die land uit te brei deur gesogte Bonsmara-genetika te produseer wat waarde tot die kuddes van medetelers toevoeg.

André van der Heyde van die Bonsmara Genetics-groep wat boer onder die naam, Boschhoek Bonsmaras, verklaar: “Dit is en sal altyd ons filosofie wees: Ons sal altyd ons beste poging aanwend om vir die mark die beste moontlike genetika beskikbaar te stel, en ons glo die genetika sal uiteindelik die deurslaggewende faktor wees wat kopers laat terugkeer. En vir hulle is ons baie dankbaar. Elke terugkerende koper is vir ons ‘n positiewe verslag van genetika wat werk en daarby sal ons bly staan dat dit ons filosofie is vir die toekoms.”

Die veiling was goed ondersteun deur stoet- en kommersiële telers van regoor die land en die Bonsmara Genetics-groep kyk met dankbaarheid terug na ‘n suksesvolle veiling in moeilike ekonomiese toestande.

“Ons het regtig ‘n besonderse opkoms by die veiling gehad. Ons is baie dankbaar vir elke koper wat die veiling ondersteun het en wat vir ons kom kuier het en ‘n bydrae gelewer het tot die sukses van die dag. Ons gaan altyd die mark ontmoet in terme van die fluktuerende ekonomie en die landboutoestande, en vandag was geen uitsondering nie. Ons het goeie ondersteuning gehad van kopers regoor die land,” voeg André by.

Christoff Smit van die Bonsmara Genetics-groep wat boer onder die naam, Sebadja Bonsmaras, voeg ook by dat hulle baie dankbaar en tevrede is met pryse wat die stoet vroulike diere behaal het: “Ons probeer regtig van die beste vroulike diere selekteer en uithaal vir die veiling, en ons is dankbaar vir die pryse wat behaal is.”

Die duurste bul, Lot 8, AH 21-45 is deur André van der Heyde van Boschhoek Bonsmaras vir R500 000 aan verskeie telers verkoop. Hulle is: Ahmed Bhamjee van Bhamjee Bonsmaras, Nico Pieterse van Syferfontein Bonsmara, Paul Roos van Bonro Bonsmaras en Etienne van Tonder van Maroela Boerdery.

Agtergrond oor Lot 8: Die kombinasie tussen LAR- en SYF-genetika werk vir ons uitstekend en AH 21-45 is ‘n uitstekende voorbeeld daarvan. Aan vaderskant is dit die indrukwekkende bouvorm LAR 17-467 wat terugdateer na LAR 09-281 en LAR 07-55 en aan moederskant differensieer bouvorm bulle soos SYF 10-78 en SYF 07-36 as bulle wat ‘n groot impak in die Bonsmara-bedryf gelaat het. AH 21-45 is ‘n vroegryp mediumraam bul met ‘n bykans perfekte balans en konformasie wat die stoetbedryf se aandag behoort te trek. Sy kalwers is reeds op die grond met koeitjies wat gemaklik gekalf het en die kalwers voldoen aan en oortref ons verwagtinge dat hy

op stoetvlak sy impak sal maak. Sy teelwaardes presteer rondom gemiddeld tot bogemiddeld in al die waardes wat ons as belangrik ag. ‘n Bul wat ons om al die regte redes nie moet verkoop nie, maar Derek Ralfe se filosofie van “… we breed them to sell them” het die deurslag gegee.

Die twee duurste dragtige verse van die dag verkoop elk vir R110 000. Lot 44, SBJ 22-34 van Sebadja Bonsmaras is aan Harcor Boerdery verkoop vir R110 000 en Lot 46, SBJ 22-32, ook van Sebadja Bonsmaras, is aan Dietmar Bonsmaras verkoop vir R110 000.

Die duurste dragtige koei, Lot 51, SBJ 20-04 van Sebadja Bonsmaras, is aan Harcor Boerdery verkoop vir R85 000.

Die duurste koei en kalf, Lot 58, AH 21-81 van Boschoek Bonsmaras is vir R100 000 aan Sathara (Pty) Ltd van Hendrina verkoop.

Die uitslae van die stoetdiere was soos volg:

Die uitslae van die kommersiele diere was soos volg:

Vir meer inligting oor die Bonsmara Genetics-groep, besoek hulle webwerf by https://bonsmaragenetics.co.za/.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0