Categories: NuusPublished On: 27th June 2024

Geskatte mielie-oes is 18,41% minder as die 2023-oes

By 2 min read
357 words

plants-768687_1920

Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 13,405 miljoen ton gestel, wat 0,71% of 94 750 ton meer is as die vorige skatting van 13,310 miljoen ton. Die verwagte opbrengs van mielies is 5,08 t/ha.

Die geskatte mielie-oes is 18,41% of 3,025 miljoen ton minder as die 2023-oes. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, nl. die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes provinsies, gaan na verwagting 79% van die 2024-oes produseer.

Die produksieskatting van witmielies is 6,348 miljoen ton, wat 0,07% of 4 350 ton meer is as die 6,343 milj. ton van die vorige skatting. Die oppervlakteskatting vir witmielies is 1,555 miljoen ha en die verwagte opbrengs is 4,08 t/ha.

In die geval van geelmielies is die produksieskatting 7,057 miljoen ton, wat 1,30% of 90 400 ton meer is as die 6,967 milj. ton van die vorige skatting. Die oppervlakteskatting vir geelmielies is 1,082 miljoen ha en die opbrengs is 6,53t/ha.

Ander somergewasse:

Sonneblomsaad: Die produksieskatting vir sonneblomsaad is onveranderd gelaat op 649 250 ton. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 529 000 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,23 t/ha is.

Die produksieskatting van sojabone is ook onveranderd gelaat op 1,779 miljoen ton. Die geskatte oppervlakte beplant van sojabone is 1,151 milj. ha, met ‘n verwagte opbrengs van 1,55 t/ha.

Die verwagte grondbone-oes is onveranderd gelaat op 54 440 ton. Vir grondbone is die oppervlakteskatting 41 200 ha, terwyl the verwagte opbrengs 1,32 t/ha is.

Die produksieskatting van sorghum is onveranderd gelaat op 95 830 ton. Die oppervlakteskatting vir sorghum is 42 100 ha, en die verwagte opbrengs is 2,28 t/ha.

In die geval van droëbone is die produksieskatting onveranderd gelaat op 52 190 ton. Die oppervlakte beplant met droëbone is 39 550 ha, en die verwagte opbrengs is 1,32 t/ha.

Die voorlopige oppervlakte beplant met mielies in die nie-kommersiële landbou-sektor word geskat op 347 000 ha, wat ’n afname van 3,24% verteenwoordig in vergelyking met die 358 620 ha van die vorige seisoen. Die verwagte mielie-oes van dié sektor is 575 000 ton, wat 13,41% minder is as die 664 040 ton van die vorige seisoen. Dit is belangrik om daarop te let dat ongeveer 46% van die mielies wat geproduseer word in die nie-kommersiële sektor, in die Oos-Kaap geplant word, gevolg deur KwaZulu-Natal met 22%.

Neem asseblief kennis dat die sesde produksieskatting vir somergewasse vir 2024, asook die voorlopige oppervlakte skatting vir wintergrane vir 2024, op 26 Julie 2024 vrygestel sal word.

Bron: Oesskattingskomitee

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0