VIDEO: FIRNA-aanteelveiling: Topgehalte Bonsmara en Simbra 3-in-1’s op aanbod

Firna-NLS-Mar2026
FIRNA is ’n gevestigde familieboerdery wat sy ontstaan in 1989 gehad het toe Frans Engelbrecht sy eerste grond in die Molopo-distrik aangekoop en met slegs 27 koeie begin boer het. Vanuit hierdie nederige begin het die boerdery vinnig uitgebrei, met ’n sterk fokus op spekulasie, aartappelproduksie en later ook ’n voerkraal wat in die jaar 2000 gevestig is om vrugbaarheid en bestendige speenkalfproduksie te verseker.
Vandag bou FIRNA voort op hierdie stewige fondasie, met ’n kundige bestuurspan en ’n kudde wat hoofsaaklik uit Simbra- en Simmentaler-tipes bestaan, aangevul deur suiwer Bonsmaras vir balans. Deur die gebruik van topgehalte-genetika en ’n onwrikbare fokus op prestasie en aanpasbaarheid in die uitdagende Molopo-omgewing, bly FIRNA ’n naam wat sinoniem is met gehalte diere en volhoubare beesproduksie.
Dié familieboerdery glo in streng produksie- en biosekuriteitsmaatreëls, nie net op plaasvlak nie, maar ook tydens hul aanteelveiling waar die hoogste standaarde gehandhaaf word om die kopers en die diere te beskerm. Hulle meet deurlopend hul diere se prestasie en groei met behulp van RFID-etikette, beide in die veld en in die voerkraal, wat akkurate data-insameling moontlik maak. Hierdie stelsel ondersteun en versterk ook die rooivleisbedryfsdiens (RMIS) se naspeurbaarheidsinisiatiewe, wat deursigtigheid en vertroue in elke dier wat aangebied word, verseker.
Wat kan voornemende kopers verwag op die veiling?
Voornemende kopers kan verwag om ’n indrukwekkende aanbod van 200 aanteeldiere vanuit FIRNA-bloedlyne, hoofsaaklik jong diere waarvan die meeste as 3-in-1 aangebied word, op die veiling verwag. Al die diere wat op die veiling beskikbaar is, sal kalwers hê.
FIRNA se aanteelveiling vind plaas op 7 Mei 2026 om 11:00 by die plaas Harcourt, Tosca, Noordwes. Maak seker jy dagboek die datum.
Kontakbesonderhede:
Uys Van Zyl: 079-767-3377 of e-pos cattle@firna.co.za
Michiel Engelbrecht: 083-281-2224
Dewald Marais: 082-853-3430
Kyk die video hieronder: