Categories: Augustus, Landboukalender, Vee en rassePublished On: 11th July 2022

Elmic Beef bied top-gehalte veldaangepaste bulle op hulle 22ste Produksieveiling aan

By 2 min read
311 words

292506022_5148566891887134_3552348460771267191_n

Dit lei geen twyfel nie dat veldaangepaste bulle ‘n uiters belangrike rol in kommersiële beesboerdery speel. Een van die kerneienskappe van Elmic Beef is om ekonomiese, veldaangepaste diere te teel.

Mike Nicolau het vyf en twintig jaar gelede Elmic Beef begin dryf en vandag is hy trots om oor te kan gee aan sy dogter en skoonseun, Corné en Konrad Mandig.

Elmic Beef se missie is om veldaangepaste medium raam koeie en vroulike diere te teel wat elke jaar kalf. Die bulle moet vrugbare veldaangepaste medium raam bulle wees wat gemaklik kan beweeg om sy koeie te kan dek.

“Ons glo in vroeë tot medium volwasse beeste met goeie gespierdheid en loopvermoë. Om ‘n stoetteler te wees, plaas ‘n groot verantwoordelikheid op jou skouers. Nie net om jou kliënt te help om die kwaliteit van sy kudde te verbeter nie, maar ook om te help om sy kalwers op die veld te kry om sy boerdery finansieel te verbeter en dit die moeite werd te maak,” vertel Mike Nicolau, stigter van Elmic Beef.

Konrad voeg by: “Dit is vir ons belangrik om te verseker dat die diere, en die bulle veral nie oorvet is nie. Dit is vir ons belangrik dat die diere wat ons teel, kliphard is en aangepas is by die hoëveldse suurveld toestande.”

Veldbulle se waarde

Veldaangepaste bulle is baie waardevol vir beesboere. Groot klem word op funksionele doeltreffendheid gele, sodat boere die beste waarde vir die geld kry wat hulle aan die bulle bestee en hulle kudde kan verbeter.

Elmic Beef bied vanjaar hulle 22ste Produksieveiling aan, 10 Augustus 2022 om 11:00 op die plaas Brakvlei, buite Vrede.

Op aanbod sal wees:

  • 30 Bulle
  • 60 Vroulike diere

Vir meer inligting besoek Elmic se webwerf by https://www.elmicbeefmasters.co.za/ of kontak Mike Nicolau 082 789 2803, Corné Mandig 076 500 9844 of Konrad Mandig 076 421 8446.

Besoek ook gerus hulle Facebookblad: https://www.facebook.com/Elmic-Beefmasters-524831430927393/

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0