Dormers maak dromers se drome waar: Vat 5-groep se eerste produksieveiling lok groot belangstelling

461709162_1060959249367248_3275305738534935633_n
Die Vat 5-Dormergroep: Colene van der Merwe van Kalkvley Dormers, Johan Barnard van Johanri Dormers, Marco Klopper van Jakkalsdans Dormers, Dirk Heyman van Heyman Dormers en Henk Pretorius van Thaba Kwena Dormers.
Die Vat 5-Dormergroep is toegewyd daartoe om topgehalte Dormers in die mark te stoot om enige boerdery vorentoe te vat. Op Saterdag 28 September te Afridome Parys, het die Vat 5-groep weer bewys dat daar ‘n premie betaal word vir gehalte stoet- en kommersiële diere.
Die Vat 5-Dormergroep is in 2023 gestig deur vyf vooruitstrewende Dormerboere met dieselfde uitkyk en doelwit: Om gehalte Dormers vir die toekoms te teel en op veiling aan te bied.
Die Vat 5-groep se lede is telers van regoor die land, wat dieselfde teeldoelwitte en tipe teel. Die groeplede is Dirk Heyman van Heyman Dormers, Marco Klopper van Jakkalsdans Dormers, Henk Pretorius van Thaba Kwena Dormers, Colene van der Merwe van Kalkvley Dormers en Johan Barnard van Johanri Dormers.
Dit was die Vat 5-groep se eerste produksieveiling saam as groep en dit het groot belangstelling gewek onder nuwe, jong opkomende telers sowel as reeds bestaande telers in die bedryf.

Duurste ooi en lam verkoop vir R60 000 aan John Turnbull van Koster deur Johanri Dormers. Agter: John Turnbull (koper), Jan Mostert (BKB afslaer), Karel du Plessis (BKB skaap en wol). Voor: John-Dee Havenga (BKB) en Johan Barnard van Johanri Dormers (verkoper).
Só lyk die uitslae van die veiling:

Een van die duurste stoetramme, Lot 2, vir R27 500 verkoop aan Arnie Vosloo, van Birkhall Barkly-Oos deur Johanri Dormers deur Johanri Dormers.
Stoet:
Ramme: 26 verkoop
Hoogste prys: Twee SP ramme verkoop albei vir R27 500 – Lot 2 verkoop aan Arnie Vosloo, van Birkhall Barkly-Oos deur Johanri Dormers en Lot 12 verkoop aan Brandon Wall van die Paarl deur Johanri Dormers
Gemiddeld: R15 425
Dragtige ooie: 20 verkoop
Hoogste prys: Lot 55 verkoop vir R19 000 verkoop aan Brandon Wall van die Paarl deur Thaba Kwena Dormers
Gemiddeld: R10 050

Die duurste dragtige ooi, Lot 55 vir R19 000 verkoop aan Brandon Wall van die Paarl deur Thaba Kwena Dormers.
Ooie met lammers: 10 verkoop
Hoogste prys: Lot 36 verkoop vir R60 000 aan John Turnbull van Koster deur Johanri Dormers
Gemiddeld: R21 250

Een van die duurste stoetramme, Lot 12, verkoop vir R27 500 aan Brandon Wall van die Paarl deur Johanri Dormers. Agter vlnr: Johan Barnard van Johanri Dormers (verkoper), Brandon Wall (koper), Jan Mostert (BKB afslaer) en Karel du Plessis (BKB skaap en wol). Voor: John-Dee Havenga (BKB).
Kommersieel:

Die duurste kommersiële ram is deur Johanri Dormers vir R27 500 verkoop aan Bos Blanco Boerdery, Kroonstad. Agter vlnr: DW Staal (koper), Jan Mostert (BKB afslaer) en Karel du Plessis (BKB skaap en wol). Voor: John-Dee Havenga (BKB).
Ramme: 6 verkoop, hoogste prys R27 500 verkoop aan Bos Blanco Boerdery van Kroonstad deur Johanri Dormers
Gemiddeld: R12 700
Dragtige ooie: 38 verkoop
Hoogste prys: R8 000 verkoop deur Heyman Dormers
Gemiddeld: R3 785
Ooie oop: 41 verkoop
Hoogste prys: R3 000 verkoop deur Jakkalsdans Dormers
Gemiddeld: R2 640

Heyman Dormers het Lot 75, duurste dragtige kommersiële ooi, vir R8 000 verkoop .
Die Vat 5-groep het die BKB Noord-span, asook SwiftVee en elke verkoper en koper met topgehalte diere gelukgewens met ‘n suksesvolle veiling .
Die Vat 5-groep is opgewonde oor wat die toekoms vir hulle as groep, sowel as vir die Dormer-ras inhou. Merk solank 2025 vir hierdie groepveiling!

Jakkalsdans Dormers het Lot 91, die duurste oop kommersiële ooitjies, verkoop .