Dom Boer se lag vir die dag:

Dat-View
Titaniese stryd
Ek het nou begin tennis speel vir oefening. As ek op die agterlyn staan en die bal oor die net dien, sê my verstand blitssnel vir my liggaam: “Gou! Hoek toe! Mokerhou terug! Nou rats tot by die net! Drie blitsige spronge agtertoe! Rughandhou!”
En dan antwoord my liggaam: “Wie? Ek? Jy is seker van jou sinne beroof.”