Dom Boer se lag vir die dag:
GROOT verrassing
Wat ‘n man darem alles sal doen net om sy vrou gelukkig te maak:
Knyphand en sy vrou, Modepoppie, loop in die straat. Skielik steek Modepoppie voor ‘n winkelvenster vas en roep verwonderd uit: “Lieferlofen! Kyk net hierdie pragtige rok! Dit is die mooiste rok in die hele wêreld! Ek het nog nooit so ‘n mooi rok gesien nie!”
Knyphand: “Hou jy van die rok?”
Modepoppie: “Ja, duisend maal ja! Ek is gek oor die rok. Kyk net hoe mooi is hy.”
Knyphand: “Hou jy báie van die rok?”
Modepoppie: “Ja! Ek hou báie van die rok. Ek het nog nooit so baie van ‘n rok gehou soos van hierdie een nie.”
Knyphand: “Hou jy régtig baie van hierdie rok hier in die venster?”
Modepoppie: “Ja, régtig! Dit is die mooiste rok wat ek nog ooit gesien het.”
Knyphand: “Nou ja, as jy régtig báie van die rok hou, het ek goeie nuus vir jou.”
Modepoppie (opgewonde): “Ja! Ja! Wat is die goeie nuus?”
Knyphand: “As die rok regtig vir jou so mooi is, sal ek jou môre weer dorp toe bring sodat jy weer na hom kan kom kyk.”