Dom Boer se lag vir die dag:
In die poskantoor
Suinige Hetta: “Ek verstaan as ‘n mens ‘n telegram stuur betaal jy net vir die woorde, nie vir jou naam en van ook nie.”
Poskantoorklerk: “Dit is heeltemal reg.”
Suinige Hetta: “Nou ja, ek wil ‘n telegram stuur wat net my naam en van bevat.”
Poskantoorklerk: “Wel, dit kan dan seker gedoen word. Wat is jou naam?”
Suinige Hetta: “My naam is Het.”
Poskantoorklerk: “En jou van?”
Suinige Hetta: “My van is Gisteraandveilighieraangekomgroete.”