Dom Boer se lag vir die dag:
Daar gaan die gans
Dr Randensent gaan met vakansie en laat sy praktyk in die hande van sy pas afgestudeerde seun. Toe hy terugkom vra hy sy seun hoe dit gegaan het.
Pas afgestudeerde seun: “Baie goed, Pa. Ek het selfs daardie twee pasiënte wat Pa jare lank sonder sukses behandel het, mevrou Iepe Konders en mevrou Skyn Skete, heeltemal gesond gemaak.”
Dokter Randensent: “Jou onnosele swaap – wie dink jy het al die jare vir jou mediese studie betaal?”