Dom Boer se lag vir die dag:

funny_looking_animals_wallpaper_free_hd
Geen hoop op herstel
Dawie: “Dokter, jy moet my asseblief dringend help. Ek kan glad nie snags rus nie. Elke keer as ek aan die slaap raak, begin ek droom van ‘n klomp skape wat rugby speel.”
Dokter Siel Kundige: “Dit is nie ‘n probleem nie. Ek skryf vir jou pille voor wat sal help. Drink vanaand een net voordat jy bed toe gaan en daarna elke aand een.”
Dawie: “Kan ek nie maar môre-aand met die pilletjies begin nie?”
Dokter Siel Kundige: “Waarom eers môre-aand?”
Dawie: “Want vanaand speel hulle die finaal.”