Dom Boer se lag vir die dag:

images (11)
‘n Maplotter maak ‘n plan
Die maplotter ondersoek die grootste, duurste nuwe trekker op die koöperasie se vertoonvloer aandagtig van voor tot agter en van bo tot onder.
‘n Vriend wat weet hoe klein die maplotter se grondjie is, sien hom by die trekker en vra: “Het jy dan nou meer grond aangeskaf dat jy in hierdie reus belangstel?”
Maplotter: “Nee, ek het net ‘n nuwe lem vir my petrolgrassnyertjie nodig, maar as ek voor daardie rak staan, steur niemand hom aan my nie. Kyk nou hoe gaan die verkoopsklerke nader storm om my te help.”