Dom Boer se lag vir die dag:

qtz1wzns8ftx
Hoe’s daai vir talent?
Ferrari se wedrenbestuur besluit dat hulle renmotors te veel tyd in die kuipe verloor. Hulle voer ‘n span Suid-Afrikaanse politici in om te kyk of hulle nie vinniger in die kuipe kan werk nie.
Die renmotor jaag die kuipe binne. Binne vier sekondes het die politici al vier wiele sonder die regte gereedskap verwyder en Ferrari se mense dink: “Allamoses, maar hulle is vinnig – ons moet hulle permanent aanstel.”
Maar nog dertien sekondes later het die politici-span die renmotor oorgeverf, geherregistreer en aan McLaren verkoop…