Dom Boer se lag vir die dag:

Funny Animals Pictures 8
Mik hoog
Die bevelvoerder stap in die krygsgevangenekamp rond en praat met een van die krygsgevangenes wat nogal atleties lyk.
Bevelvoerder: “Hoe hoog kan jy spring?”
Nogal atletiese krygsgevangene: “Een meter.”
Bevelvoerder: “Wagte, gee vir hierdie ou ‘n liter bier.”
Die bevelvoerder stap na ‘n gevangene wat nog meer atleties lyk en vra: “Hoe hoog kan jy spring?”
Nog meer atletiese krygsgevangene: “Twee meter.”
Bevelvoerder: “Wagte, gee vir hierdie man twee liter bier.”
Die bevelvoerder loop na ‘n gevangene wat erg atleties lyk en vra: “Hoe hoog kan jy spring?”
Erg atletiese krygsgevangene: “Drie meter.”
Bevelvoerder: “Wagte, hierdie ou kan oor ons muur spring. Skiet hom dood voordat hy ontsnap.”