Dis amper tyd vir die Nasionale Meatmaster Expo en Veiling 2025: 12–14 Augustus te Bloemfontein skougronde

nasionale-meatmaster-veiling-expo-12-14-augustus-2025-bloemfontein-skougronde-986275-489889
Van 12 tot 14 Augustus verskuif die kollig op die kleinvee veilingskalender na Bloemfontein Skougronde, waar van die beste Meatmaster-genetika in Suid-Afrika onder een dak sal wees vir die jaarlikse Meatmaster Nasionale Veiling en Expo. Hierdie hoogtepunt op kalender bied nie net ’n uitstekende platform om topgehalte diere aan te skaf nie, maar ook ’n gulde geleentheid vir telers en belangstellendes om idees uit te ruil en hulle kennis van die ras te verbreed. Die Meatmaster-ras groei steeds in getalle en bewys daagliks hoekom dit beskou word as die ras van die toekoms. Hierdie is nie net ’n veiling nie – dit is ’n belewenis!
Diere vanuit ongeveer 30 stoete en telers regoor die land sal op die veiling aangebied word, en boere en mede telers kan uitsien na ’n indrukwekkende aanbod. Met telers van oor die hele Suid-Afrika wat teenwoordig gaan wees, beloof dit om ’n verrykende en gesellige byeenkoms te wees — ’n werklike viering van alles waarvoor die Meatmaster staan.
Benewens die veiling en uitstalling, sal die Algemene Jaarvergadering ook tydens die geleentheid plaasvind. Lede word hartlik uitgenooi om dit by te woon en so deel te wees van belangrike besprekings oor die toekoms van die ras.
Die Meatmaster-ras het ontwikkel om die uiterstes van die Suid-Afrikaanse klimaat en terrein te weerstaan, wat hulle bestand maak teen ‘n wye reeks parasiete en siektes. Meatmaster-skape is bekend vir hul hoë vrugbaarheidsyfers; ooie het dikwels meerlinge lammers. Dit stel boere in staat om vinnig hulle kuddegetalle en teelvee te vergroot, wat hulle produktiwiteit en inkomste ’n hupstoot gee.
Meer inligting oor die verrigtinge wat plaasvind 12-14 Augustus
Die keuring vind plaas op Dinsdag 12 Augustus 2025 om 08:00 by die BKB Kompleks in Bloemfontein.
Kontakbesonderhede en navrae
’n Volledige lys van telerkontakbesonderhede sal beskikbaar wees in die amptelike veilingkatalogus. Vir algemene navrae of verdere inligting oor die veiling en Expo, kan die volgende persone gekontak word:
Genootskap:
- Lizanne Vermeulen – 072 384 6251
- Boemie Saaiman – 083 383 1000
- Charles Freeme – 074 207 0007
Vleissentraal:
- Mario Kruger – 060 522 3906
- André van Zyl (Afslaer) – 084 587 7660
SwiftVee:
-
Nelius van Schalkwyk – 082 495 6603 (vir beide die veilings en die Expo)
Expo-koördinasie:
- Chris Potgieter – 083 383 8303
- Jean du Plessis – 082 064 5879
- Lizanne Vermeulen – 072 384 6251
Loer ook na die veiling op Agri4all.
Registreer en bie aanlyn op Swifvee.