Hoogste nasionale speenkalfpryse behaal by Vlakte Bonsmara se Jongbeesveiling

f31fb75c-ddcc-49c0-b56b-a8ca4afd5d9c
Die veiling was 'n reuse sukses.
Toe die hamer val op die koue wintersoggend van 11 Junie was dit die Vlakte Bonsmara-groep wat koning gekraai het. Tydens die Vlakte-groep se onlangse Jongbeesveiling is die hoogste prys vir speenkalwers tot dusver vanjaar aangeteken.
Die Vlakte Bonsmara-groep het weer eens bewys waarom hulle markleiers in die bedryf is: “Nougesette teling, volgehoue genetiese verbetering, streng biosekuriteitmaatreëls en naspeurbaarheid het die vrugte afgewerp tydens die veiling. Die uitstekende gehalte van hierdie speenkalwers en slagdiere wat op die veiling aangebied is, het tevrede kliënte gewaarborg,” vertel ‘n trotse Kobus du Toit, voorsitter van die Vlakte Bonsmara Studiegroep.

‘n Baie tevrede kliënt het die foto gestuur na afloop van Vlakte Bonsmara se Jongbeesveiling.
Vir meer inligting oor die Vlakte Bonsmara Studiegroep en hulle komende veilings besoek gerus hulle webwerf hier.