ANKO Bonsmaras se 28ste produksieveiling oortref verwagtinge

x5q8y9bwhx606o2m2j458u5npncz
Lot 10 was die duurste bul van die 28ste ANKO Bonsmara-produksieveiling en is vir R160 000 aan Karin en Hennie Wessels van Rindro Bonsmaras verkoop. Die bul is ’n bewys van ANKO Bonsmaras se konsekwente fokus op gebalanseerde, funksionele genetika.
ANKO Bonsmaras se 28ste produksieveiling, wat onlangs aangebied is, het weereens die ANKO se reputasie vir gehalte, funksionele Bonsmara-genetika bevestig. Met sterk belangstelling van bestaande sowel as nuwe kopers is uitstekende pryse behaal, wat die vertroue in ANKO se 47 jaar van gebalanseerde teel weerspieël.

André en Ryna Höll, eienaars van ANKO Bonsmaras, het kopers en gaste tydens hul 28ste produksieveiling verwelkom. Die suksesvolle veiling weerspieël 47 jaar se toegewyde, gebalanseerde Bonsmara-teling.
Die duurste bul van die dag was Lot 10, wat vir R160 000 aan Karin en Hennie Wessels van Rindro Bonsmaras verkoop is. Die gemiddelde prys van die bulle was R93 700, terwyl sewe bulle elk vir meer as R100 000 verkoop is, ’n uitstekende prestasie wat die vraag na ANKO-genetika beklemtoon.
Benewens die stoetbulle was daar ook 250 kommersiële vroulike diere aangebied wat sterk belangstelling uit die mark geniet.
André en Ryna Höll het hul opregte waardering uitgespreek teenoor elke koper,kliënt en ondersteuner wat tot die sukses van die dag bygedra het.
“Baie dankie vir almal se ondersteuning met ons 28ste produksieveiling. Die ondersteuning van soveel nuwe kopers, saam met ons lojale bestaande kliënte, bevestig die vertroue wat die bedryf in ons teelprogram het.”
ANKO Bonsmaras het ook hul dank uitgespreek teenoor Karoo-Ochse Vryburg (Edms) Bpk, SwiftVEE, ProAgri, Agri4All en Marie Jacobs van Lewendehawe Fotografie vir hul waardevolle bydrae tot die aanbieding van die veiling.
Met die woorde “In God we trust” sien die ANKO-span reeds uit na die volgende produksieveiling wat op 21 Julie 2027 aangebied sal word. Maak seker jy dagboek dit nou al!
Nogmaals geluk aan die ANKO Bonsmaras-span met ’n besonder suksesvolle 28ste produksieveiling.