Landboukalender
Robertson lente skou 3-7 Oktober 2023
Die Robertson-lenteskou sal weer op die Robertson-skougronde plaasvind en sluit in tentoonstellings met hoenders, perde ens. Met die goeie gesindheid van die gemeenskap, uitstallers, donateurs en borge. Kontak Annette Eksteen by 023 626 2512 of per e-pos by robertsonskou@barvallei.co.za, vir meer inligting.
Swartland skou – Moorreesburg 6-9 September 2023
Die skou vind plaas by die Moorreesburg-skougronde. Die tentoonstelling spog met die mooiste perde, beeste en skape. Kontak Dorothy Visser by 082 784 5089 of 022 433 1607, per e-pos by info@swartlandskou.co.za, vir meer inligting.
George landbouskou 24-27 Augustus 2023
Die George-landbouskou word elke jaar deur die Outeniqua-skougenootskap gereël. ‘n Verskeidenheid van vee sal verstoon word. Kontak Mariette de Sousa by 084 432 9484 of per e-pos Info@georgelandbouskou.co.za/president@georgelandbouskou.co.za, vir meer inligting.
Sakeliga KragDag Sentraal 9-12 Augustus 2023
Die jaarlikse KragDag ekspo bied ‘n inspirerend leersame dag in ‘n karnaval atmosfeer. Alhoewel daar ‘n groot hoeveelheid genot en vermaak by die ekspo te beleef is, is hierdie geleentheid uniek daarin dat jy hier nie ‘n vermaaklikheidtoeskouer is nie, maar ‘n deelnemer in interaksie met dinge wat ‘n verskil in[...]
Wes-Kaapse Landbouveterane-ekspo 4-5 Augustus 2023
Wes-Kaapse Landbouveterane-ekspo, spog weer hierdie jaar met hulle tentoonstelling. Kontak Kobus Kuiler by 082 334 5665 of 022 451 2692; per e-pos sekr.wk@telkomsa.net vir meer inligting.