Landboukalender
Tulbagh skou 28 September tot 1 Oktober 2023
Die Tulbagh-skou is die oudste deurlopende skou in Suid-Afrika. Dis landbou-georiënteerd met die hoofbyeenkoms die perdekampioenskappe en die nasionale Friesperdkampioenskappe as die hoogtepunt. Kontak Dina Wiese by 076 702 0212 of e-pos tulbaghskou@telkomsa.net, vir meer inligting.
Prins Albert Landbouskou 19-21 Oktober 2023
Prins Albert Landbouskou spog weer die jaar met sy jaarlikse landbouskou met ’n wye verskeidenheid van aktiwiteite. Kontak Karla Koorts by 076 470 9772 of per e-pos palandbougenootskap@gmail.com, vir meer inligting.
Loeriesfontein-skou 19-21 Oktober 2023
Die jaarlikse Loerfontein-skou spog die jaar weer met sy tentoonstelling. Kontak Jannie Loots by 082 859 1439 of 027 662 1575 of per e-pos irmarik@telkomsa.net, vir meer inligting.
Villiersdorp Landbou Skou 13-14 Oktober 2023
Villiersdorp spog weer die jaar met sy jaarlikse tentoonstelling van vee. Kontak Villiersdorp. Johannie Barnard by 083 312 1476 of per e-pos skoongesig@breede.co.za, vir meer inligting.
Vivo boeredag 12-14 Oktober 2023
Limpopo se GROOTSTE Boeredag! 'n Fantastiese netwerk en promosie geleenthede vir enige besigheid!