Categories: Artikels, Gewasproduksie, Vee en WildPublished On: 27th May 2024

BRAZGrass se gras is voedsaam vir jou vee

By 2 min read
427 words

20240514_115756

Gielie Niewoudt en sy seun, Heyns Niewoudt, het by NAMPO ook hulle skaafsels aan boere gewys.

BRAZGrass se leuse is weiding is wins, maar wat beteken dit regtig? As jou diere die nodige voedingstowwe inkry om na hulle volle potensiaal te groei om teen ‘n goeie prys verkoop te word sal jy werklik ‘n wins maak.

Veeboere wat ‘n droogte beleef en sukkel met natuurlike weiding of ander boere wat vee wil aanhou en nie groot weivelde het nie kan gerus BRAZgrass se weidingsgras probeer. Die gras is nie net mooi nie, dit is voedsaam en lekker vir die diere.

Gielie Nieuwoudt, besturende direkteur van BRAZGrass, is al ‘n bekende by NAMPO met sy gras wat nou hoër as hy is.

“Kyk hoe lyk ons gras na 15 jaar by NAMPO. Ons het al 300 000 hektaar wat bewei word in Suid-Afrika,” sê Gielie.

Die saad van die meerjarige gewas kan elke sewende jaar geplant word en maak gebruik van bullet-tegnologie. Dit is ’n verpillingsmetode wat verseker dat die saad eers begin ontkiem wanneer daar genoeg vog in die grond is en dan keer niks die BRAZgrass nie.

Daar is drie verskillende BRAZGrass produkte: Brachiaria Marandu, Panicum Mombacu en Brachiaria Piata. ‘n Tien-kilogram sak vul vyf tot sewe hektaar en kan laat in die lente tot hoogsomer met ‘n fynsaadplanter geplant word of met ‘n kunsmisstrooier gestrooi word.

BRAZgrass is ook ‘n Ontbytsake Onderneming van die Jaar 2024-finalis.

Kyk hoe lyk BRAZGrass se lang weidingsgras na 15 jaar by NAMPO. Dit is perfek vir jou vee.

Voordele van BRAZGrass:

  • Dit is ՚n meerjarige gewas, wat 80 tot 90 dae vanaf aanplanting beweibaar is
  • Droëmateriaalopbrengs wissel tussen 15 en 40 ton per hektaar per jaar
  • Bevat 10 tot 18% ru-proteïen in droëmateriaal
  • Bevat geen blousuur
  • Geskik vir alle vee en wild
  • Die maatskappy is die enigste verspreider van bullet-saad ter wêreld

Nog Nieuwoudt-sake

Die MH Nieuwoudt-groep het ook ‘n skaafsels-afdeling. “Ons verskaf dennehoutskaafsels wat boere in behuising vir hoenders, perde, skape en varke kan gebruik,” sê Gielie.

Die skaafsels is ideaal vir behuising vir pluimvee en ander diere.

Verder het hulle ook ‘n aanloklike vakansiebestemming, Klipdraai Karavaanpark, wat die grootste woonwapark in Suid-Afrika is met mooi geriewe vir troues, staanplek vir 330 woonwaens, chalets en ‘n warmwaterswembad.

“Die MH Niewoudt-groep het ook die Bloufontein Wildlife-park naby Meyerton. Die park het leeus, luiperds, tiere en wildehonde,” voeg hy by. “Wie hard kan werk kan hard speel,” sê hy.

Kontak Gielie Nieuwoudt by 084-800-0193, of die kantoor by 074-537-4050 vir meer inligting oor die beste weidingsgras vir jou vee. Jy kan ook ՚n e-pos aan gieliegroep@gmail.com stuur. Vir meer inligting, besoek hulle webwerf by www.brazgrass.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0