Categories: Vee en Wild, VeilingsPublished On: 23rd June 2026

Boschoek Bonsmaras: ’n Naam gebou op geloof, bewese genetika en jarelange doelgerigte teling

By 3 min read
633 words

721411305_1479399547535138_3952797519004451635_n

Boschoek Bonsmaras is ’n naam waarmee baie Bonsmara-boere en -telers in die bedryf vertroud is. André van der Heyde, Jannie Senekal en George Gomba is mense wat nie net daarna streef om gesogte Bonsmara-diere te teel nie, maar om iets veel groter te bou: ’n genetiese nalatenskap wat in ander kuddes kan voortleef en werklik waarde toevoeg tot die Bonsmara bedryf.

Jannie Senekal, André van der Heyde en George Gomba – die span agter Boschoek Bonsmaras.

In 2025 het Boschoek ’n nuwe hoofstuk betree toe hulle vir die eerste keer hul veiling saam met ’n groep Bonsmara-vriende aangebied het. Dit was nie net ’n suksesvolle dag in die veilingskraal nie, maar ook ’n bevestiging van hul benadering tot boerdery en samewerking. Nou bou hulle daarop voort en sien met opgewondenheid uit na hul komende veiling op 17 Julie 2026 by Warmbad Veemark.

Genetika wat waarde toevoeg

“Ons het oor baie jare ’n pad gestap, van ’n kommersiële begin tot waar ons vandag staan as ’n gevestigde stoet. Dit was nie altyd maklik nie, maar elke les het ons gevorm en ons gehelp om beter besluite te neem. Vandag is ons fokus eenvoudig: funksionele, betroubare diere wat hulself in die veld en in die mark bewys,” vertel André.

Die AH-voorvoegsel het oor tyd sinoniem geword met balans, vrugbaarheid en funksionele doeltreffendheid. Die kudde word onder uiteenlopende toestande aangehou, van soetveld tot suurveld, juis om seker te maak die diere bly aanpasbaar en prakties.

By Boschoek word daar nie vir uiterstes geteel nie, maar vir diere wat kan werk, waarde toevoeg en terselfdertyd produseer:

  • Vrugbare koeie wat jaarliks ’n sterk kalf speen;
  • Gebalanseerde groei van geboorte tot naspeen;
  • Diere wat fenotipies korrek en funksioneel is;
  • Mediumraam diere wat maklik kondisie hou en vleis aansit. 

“Goeie genetika moet nie net mooi lyk op papier nie,” sê André. “Jy moet dit elke dag in die veld kan sien.”

Boschoek Bonsmaras en vriende se komende produksieveiling

Vanjaar se produksieveiling bou voort op Boschoek se beginsels. Die fokus bly op Boschoek se eie genetika, met ’n groep Bonsmara-vriende wat die vroulike aanbod aanvul om kopers meer opsies te bied.

Die vriende vanjaar sluit in:  

  • AG Bonsmara
  • Thinus Maritz Boerdery
  • Up George Bonsmaras
  • Willand Boerdery
  • Adaja Boerdery
  • Langkloof Bonsmaras
  • Chappies Bonsmara
  • Pieter Fourie Boerdery

Die aanbod sluit in:

  • 30 SP Bulle
  • 30 Stoet-vroulike diere
  • 125 Kommersiële vroulike diere

Die bulle wat aangebied word, kom uit genetika wat reeds oor jare heen bewys is binne die Boschoek-stoet, betroubare diere wat hulself bewys het. “Ons kies nie net diere vir ’n veiling nie,” verduidelik André. “Ons kies diere waarin ons self glo, diere wat vir iemand ’n verskil gaan maak binne sy kudde oor die lang termyn.”

Waarom Bonsmara die gekose keuse bly

Vir Boschoek en vir André bly die Bonsmara-ras ’n logiese keuse: Dit is ’n ras wat aanpas, ’n ras wat presteer en ’n ras wat ekonomiese waarde lewer.

Maar dalk nog belangriker is die mense agter die ras, die netwerk van telers, die bereidwilligheid om kennis te deel en die verhoudings wat oor tyd heen gebou word. “Ons het deur die jare by baie mense geleer, en ons leer steeds,” sê André. “Dit is deel van die bedryf, en wat dit so lekker maak, jy groei saam met ander.”

Dagboek die datum

Belangstellendes is welkom om die diere die middag van 16 Julie vanaf 13:00 te kom besigtig, met die veiling wat op 17 Julie 2026 om 11:00 by Warmbad Veemark plaasvind. Die veiling sal aangebied word deur Vleissentraal Bosveld asook aanlyn deur SwiftVee. Registreer en bie aanlyn.

Verkopers lewer binne ’n 400 km-radius af na sentrale Vleissentraal-veilingspunte.

Besigtig die digitale katalogus

Besoek die webwerf hier:
https://boschoek.co.za/auctions/17-july-2026-production-auction/

Vir enige navrae of vir meer inligting kontak:

Jannie Senekal: 082-899-5047
André van der Heyde: 082-334-0491
George Gomba: 078-747-2334
Carel Chalmers: 082-896-9586

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0