Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 11th May 2018

Bonnox hou ook beeste uit!

By 3 min read
543 words

Bonnox1

Bonnox het meer as sewentig verskillende produkte wat vir verskillende take aangewend kan word, van die beskerming van lammertjies teen ongediertes, tot die beheer van grootwild en die beveiliging van mense en eiendom. Heininghoogtes wissel van 0,6 tot 2,4 meter en met Bonnox se unieke Ringlok®-patent bied selfs die skuinsste opdraande geen uitdaging nie. Daar is ook ’n ekonomiese, ligversinkte weergawe van die nege gewildste produkte beskikbaar. Dit sluit die Money Saver-, Close Mesh- en Kombi Mesh-reekse in. Produkte word regstreeks van die fabriek by Pretoria landwyd en selfs oor die grens gestuur.

Boere gebruik gewoonlik Bonnox om beeste binne te hou, maar by die Matutu-myn naby Swartruggens moet die beeste buite bly en die myn se toerusting binne. Dewald Haasbroek van Matutu vertel dat daar in die omgewing baie tradisionele beesboere is wie se beeste wyd rondwei en hulle wil nie hê die beeste moet hulle toerusting kom omstoot of dalk seerkry nie.

Dit is ook nie wenslik dat mense vrylik deur die myn se perseel stap nie. Daarby bepaal die wet dat ’n mynoperasie toegespan moet word vir almal se veiligheid.

Matutu is deel van die Sun Silicates-groep en veral groenteboere en saailingkwekers sal hulle ken as die vervaardigers van SunPerl Perliet en Vermikuliet. Die skaars, absorberende klei, bekend as attapulgiet, wat by Matutu gemyn word, word ook wyd in die landbou as draer vir chemiese middels gebruik.

In 2017 is daar begin met heelwat uitbreidings op die terrein om hulle drogingsvermoë te verhoog en ’n verpakkingsaanleg op te rig.

Dewald sê: “Met die uitbreidings was daar nie nog tyd om rond te soek en sukkel vir die omheining nie. Die drade moes op!”

Aan die begin was daar nog nie Eskomkrag nie en hulle moes groot dieselkragopwekkers gebruik. Die heining moes dus ook die kragopwekkers en die dieselvoorraad beskerm. Gelukkig het ’n vriend van Bronkhorstspruit hom vertel van Bonnox en hoe maklik dit vir hulle op die plaas gewerk het, asook hoe uitstekend die gehalte van die draad is.

Dewald sê dit gaan oor spoed en gehalte. Die volversinkte staaldraad belowe ’n lang leeftyd en die spoed waarteen dit opgerig word, beteken dat hulle werkspanne nie weke lank besig is met werk wat nie geld inbring nie.

“In ’n week se tyd het ons die belangrikste dele van die terrein toegespan en nou gaan ons net tussendeur wanneer ons tyd het aan om die ou geroeste drade op ander plekke met Bonnox te vervang.”

Die Y-pale is 10 meter van mekaar af en elke 90 meter, of op ’n hoek, is daar ’n trekpaal.

Hulle het Bonnox se draadspantoerusting, ’n klamp en draadtrekkers, gekoop en selfs oor werklike lang stukke help dit om die heining perfek reguit, stewig en netjies te span.

“Volgens my ondervinding is dit die maklikste en doeltreffendste manier om vinnig kampe te span. Ons is baie tevrede met die produk en sal aanhou om dit te gebruik,” sê Dewald.

Haal die hoofpyn uit draadspan. Skakel Bonnox by 012-666-8717 of 076-169-9068, stuur n e-pos na gerda@bonnox.co.za, linda@bonnox.co.za of zane@bonnox.co.za, of besoek hulle webwerf by www.bonnox.co.za.

Selfs oor ’n werklike lang stuk word ’n Bonnox-heining maklik kiertsregop en lekker styf gespan met die hulp van Bonnox se draadspantoerusting.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0