Four Lakes help om jou koeie gesond te hou regdeur die hele kalfproses

makalu-cows-3698180
Van bevrugting tot sterk groeiende kalwers, Four Lakes is daar om jou met jou suiwelbestuur te help. Met topgehalte produkte wat van regoor die wêreld ingevoer word, sowel as plaaslikeFour Lakes-produkte, weet jy dat jou beeste in die beste hande is.
Four Lakes se wye reeks produkte is daar om jou te help vanaf die bevrugting van jou dier tot die speen van jou kalwers.

Kamar hitte-opsporingsplakkers
Kamar Heatmount Detectors is hitte-opspringsplakkers bevat ’n ingeboude tydsberekeningsmeganisme wat ontwerp is om geaktiveer te word deur staande hittegedrag.
Die plakkers werk met drukking om vleis- en melkbeeste wat gereed is vir kunsmatige inseminasie te identifiseer. Die toestel word aan die stertkop vasgeplak en bevat ’n driesekonde-tydsmeganisme wat van kleur verander. Die vertraagde aktivering verseker dat die meganisme slegs deur ware staande hitte geaktiveer word.
Staande hittegedrag by beeste is die betroubaarste teken dat ’n koei gereed is om geteel te word. Kamar bied ’n bewese, akkurate aanwyser om jou KI-program te verbeter.
Navorsing van die Universiteit van Maryland het in ’n verslag van The Journal of Dairy Science aangedui dat Kamar-hitteopsporing tot 84% effektief is wanneer dit gekombineer word met visuele waarneming wat 96% akkuraat is. Met slegs visuele waarneming was hitte-opspring 68% effektief tydens dieselfde studie.
Aspitop-aspirienbolus
Die geringste pyn of ongemak kan vinnig jou dier se prestasie en gesondheid beïnvloed en ook die winsgewendheid van jou kudde. Hoewel koeie nie altyd sigbaar pyn toon nie, is daar wel tekens soos kreupelheid, kalfstres, mastitis of inflammasie.
Four Lakes se Aspitop-aspirienbolus is ’n natuurlike oplossing wat spesifiek ontwerp is met die boer en die koei in gedagte.
Aspitop is ontwikkel om vinnig te werk om pyn, koors en inflammasie in beeste vinnig en effektief te teiken. Dit help om die diere se algehele gemak te verbeter en ondersteun die koei se gesondheidstatus gedurende uitdagende tye.
Die bolus kan gebruik word vir koeie wat meer as 400 kg weeg, en is ideaal in situasies soos kalwing, hoefsny, kreupelheid en hoefprobleme, mastitis, metritis en wanneer ’n koei tekens toon van ongesteldheid, stres of pyn.
Aspitop kombineer natuurlike plantgebaseerde elemente wat reeds bekend is vir hul genesende en anti-inflammatoriese eienskappe. Dit sluit witwilgerbome (Salix alba), salisielsuurverbindings, sitrusekstrakte en propolis (’n harsagtige stof wat bye uit plant- en boomhars vervaardig om hul korf te verseël en te beskerm) in.
Aspitop bied praktiese voordele vir boere se daaglikse plaasbestuur. Vinnige resultate wat tot twee dae lank duur en onmiddellike pynverligting gee en kan veilig saam met ander medikasies gebruik word, geen onttrekkingsperiode vir melk of vleis nie en die behandeling kan herhaal word indien nodig ná 36 uur.

Lactipro FLX Calf
LactiproFLX® is ’n gevorderde mikrobiese aanvulling wat spesifiek ontwerp is vir kalf- en pensgesondheid. Dit bevat ’n unieke, gepatenteerde stam van die natuurlik voorkomende mikroörganisme Megasphaera elsdenii (NCIMB 41125).
Hierdie spesifieke stam is gekies omdat dit vinnig in die pens groei met ’n kort verdubbelingstyd het, en een van die gehardste Mega e®-stamme met die vermoë om by ’n wye pH-reeks aan te pas.
Die primêre funksie van Megasphaera elsdenii is om melksuur in die pens as substraat te verbruik. Dit help om voerkraal- en jong diere se pens-pH effektief te reguleer en ’n funksionele, gesonde pens te handhaaf, veral wanneer diere oorskakel na hoë-energie diëte hoë-energiediëte of blootgestel word aan omgewings- en fisiologiese stres wat mikrobiese populasies kan ontwrig.
Daarbenewens gebruik dit ook glukose en koolhidrate wanneer laktaatvlakke laag is, produseer voordelige bottersuur, en is ten volle versoenbaar met ionofore, giste en ander voeraanvulsels.
Om te verseker dat jou diere gesond bly, hoef jy nie verder te kyk as Four Lakes nie. Vir meer inligting, besoek die maatskappy se webtuiste by www.fourlakes.co.za