Boere kan staatmaak op Limagrain se Saddle-withawer

DSC02530
Die mooi hawer op Hein Mulke se plaas naby Douglas.
Op Hein Mulke se plaas naby Douglas in die Noord-Kaap staan ’n pragtige hawerland wat die krag van Limagrain Field Seeds se Saddle-withawer ten toon stel.
Riaan van Lill, landboukundige by Limagrain Field Seeds, vertel dat die goed gedreineerde rooi-apedale gronde bydrae tot die sukses van die hawerlande: “As jy die regte grond het en die regte besproeiing toepas, kan jou hawer so lyk.” Hierdie gesonde grond is die basis waarop Saddle sy volle potensiaal kan wys.
Hierdie Saddle is op 23 Mei vanjaar geplant en is middel Oktober gesny, sowat vyf maande ná planttyd. Die oes is geneem in die melk- tot sagte deegstadium, wat ’n optimale balans tussen biomassa en voedingswaarde bied. Die land het ’n ongelooflike klomp biomassa gelewer, ’n bewys van die kultivar se kragtige groei en aanpasbaarheid. Die gemiddelde hooi-opbrengs van hierdie aanplanting was 13,5 ton/ha, oor 30 ha.

Na sowat vyf maande staan die hawer hoog en reg om geoes te word.
Dirk Coetzee van Limagrain beskryf die Saddle as ’n kultivar wat boere kan vertrou: “Dit het 120 kg stikstof gekry en is teen 43 kg per hektaar geplant. Wat opvallend is, is dat daar geen swamdoder gespuit is nie. Saddle se ingeboude weerstand teen swamsiektes en uitstekende staanvermoë maak dit ’n betroubare keuse.”
Saddle is aangepas vir plaaslike toestande. Dit bied vinnige vestiging, sterk groei en konsekwente opbrengste. Vir boere beteken dit nie net ’n mooi land nie, maar ook verhoogde winsgewendheid en ’n betroubare voerbron vir vee.
- Dirk Coetzee van Limagrain beskryf Saddle as ’n kultivar wat boere kan vertrou.
- Riaan van Lill, landboukundige by Limagrain Field Seeds, verkyk hom aan die mooi hawer.
Saddle se eienskappe sluit in:
- Hoë biomassa-produksie van goeie voergehalte en verteerbaarheid.
- Goeie weerstand teen swamsiektes, wat die behoefte aan chemiese bespuitings verminder.
- Sterk staanvermoë wat oesverliese beperk.
- Betroubare prestasie onder plaaslike besproeiings- en grondtoestande.
Vir Limagrain Field Seeds is Saddle meer as net saad, dit is ’n belegging in volhoubare landbou.

Die mooi rooi apedale-grond waarin die hawer groei.
Wanneer elke seisoen tel, het boere kultivars nodig waarop hulle kan vertrou. Op die plaas bewys Limagrain Field Seeds se Saddle dat met die regte grond, goeie bestuur en beproefde genetika, boere met selfvertroue gewasse kan groei.
Om meer te leer oor die verskillende gewasse en kultivars wat Limagrain Field Seeds beskikbaar het of om met een van hul gewasadviseurs in kontak te kom, besoek gerus hulle webtuiste by www.lgseeds.co.za

