Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 31st May 2024

Boer vooruit met Inttrac Trading: Beste diens, onderdele en werktuie

By 2 min read
410 words

IMG_4094

Strautmann-voermengers is baie gewild onder die boere.

“Gehalte en diens aan boere, is Inttrac Trading se heel eerste oorweging. Ons verkoop eerder ‘n diens as ‘n werktuig. Dit is een van die belangrikste dinge waarvoor ons bekend wil staan.” So sê Frans Jacobs, Algemene bestuurder van Inttrac Trading.

Inttrac Trading is al vir 31 jaar in die bedryf, en is ‘n welbekende handelsnaam onder Suid-Afrikaanse boere, en hulle vorm ook deel van die Kuipers Group. 

Hulle voer werktuie van regoor die wêreld in wat insluit Strautmann, Vence Tudo, Niubo, Fantini, HoneyBee, Sauter, Aigner, Goeppel en Bandeirante en is ook die trotse verspreiders van FJ Dynamics auto stuursisteme in Suid-Afrika. Inttrac Trading se handelaarsnetwerk strek regoor Suid-Afrika, “van die Kaap tot bo in Messina,” voeg Frans by.

Hulle verkoop ook tweedehandse trekkeronderdele. “Ons spesialiseer in John Deere-trekkeronderdele – gebruik en tweedehands en is ook een van die grootste rolspelers in die mark.”

Meeste van die koöperasies is hulle verspreiders en het feitlik op elke dorp trekkerhandelaars wat hulle werktuie verkoop. Inttrac Trading masjiene word ook verskaf deur handelaars in naburige lande. Hierdie venootskappe met die handelaars verseker goeie diens aan die kliënte.

“Ons wil ‘n doeltreffende landbou-oplossing vir ‘n boer gee. Ons weet onderdele se beskikbaarheid is ‘n top prioriteit, want dit moet betyds beskikbaar wees.”

Vence Tudo se Summer 9050-planter is uitgestal by NAMPO.

“Die nuutste toevoeging tot ons reeks is die Honey Bee-voerbandstropertafel agentskap wat ons twee jaar gelede gekry het.”

Hulle voorsien ook Strautmann-voermengers, mis/kalkstrooiers en ander voertoerusting. Hulle Vence Tudo-stropertafels is gewild onder boere, so ook hulle planters, saadsiwwe en Fantini-sonneblomtafels.

Vir die bosboubedryf bied Inttrac Trading werktuie van Niubo wat enige bos kan uitroei. Daar is ook Niubo-toerusting vir wingerd- en sitrusboere asook Niubo-werktuie wat vurkhysers, kunsmisstrooiers en snyers insluit.

“Ons het ‘n vennootskap met ons klante. Ons klante word ons vriende; ons sien hulle nie net as klante nie,” sê Frans.

Jair Bottega, van Vence Tudo in Brasilië, Frans Jacobs, Algemene bestuurder van Inttrac Trading, en Luiz Thielke, ook van Vence Tudo, Brasilië, by vanjaar se NAMPO-oesdag.

Luiz Henrique Thielke van Vence Tudo Toerusting in Brasilië het ook NAMPO besoek. “Ons vier sestig jaar in die bedryf. Ons is bly ons kan ook deelneem aan die grootste skou in Suid-Afrika. Inttrac Trading bied goeie diens en goeie produkte,” sê Luiz.

Kontak Inttrac Trading by 016-365-5799 of stuur ‘n e-pos na info@inttrac.co.za of besoek hulle webwerf: www.inttrac.com vir meer inligting oor hulle verskeidenheid werktuie.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0