Bio-Insectaries SA het die oplossing: Hou jou varke vry van vlieë

piglet-3386356_1280
Varke is baie rustiger en groei veel vinniger en gesonder as hulle nie deur vlieë gepla word nie.
Bio-Insectaries South Africa (BISA) wat in 2005 gestig is, het oor die jare bewys dat vlieë effektief en volhoubaar beheer kan word deur die parasitiese wesp Muscidifurax raptor.
Maklike vliegbeheer in veebestuur
“Ons gebruik die wespe in die kweek- en afrondingsafdeling waar varke tien weke tot twee-en-twintig weke oud is. Die vliegbevolking het drasties afgeneem”, vertel die varkboer.
Hierdie metode is nie net hoogs doeltreffend nie, maar ook eenvoudig om te gebruik. Die boer verduidelik: “Ons hang klein emmers in die hokke op en gooi dan die papies daarin. Wespe broei dan self uit en gaan na waar die vliegpapies, waarin hulle hulle eiers lê.”
Vir boere wat alternatiewe vir chemiese oplossings soek, is die voordele duidelik: “Ek sal die produk aanbeveel. Dit is ‘n maklike manier om vlieë te beheer sonder om gif te gebruik. Dit is redelik vinnig en neem min tyd om wespe uit te sit, waar ander metodes van vliegbeheer baie meer tyd neem.”
Sterk leierskap en visie
BISA slaag nie alleen in die teel en verskaffing van die wespe nie, maar ook die ondersteuing van kliente om sukses met hul vliegbeheer te behaal.
Loer gerus na hulle webtuiste by https://www.bioinsectsa.com/index.html of kontak Dr Arno Moore by arno@bioinsectsa.com