Bielie Brafords op aanbod by Thiele Holdings se 8ste produksieveiling

DSC_0238-1536×1024
Op die plaas Schikhoek het dit alles begin. Na Carl Thiele se vormingsjare in Pretoria, waar hy sy opleiding in diereproduksie voltooi het, het hy in die jaar 2000 die geleentheid gekry om saam met sy pa, oom en oupa te boer.
“My pa Kurt, my oom Walter en my oupa David het my die ongelooflike voorreg gebied om saam met hulle te boer, vir dit sal ek ewig dankbaar wees. Ongelooflike rolmodelle wat diep spore getrap het, en by wie ek so baie kon leer,” sê Carl.
Walter en Kurt het aanvanklik met ‘n trop gemengde beesrasse begin boer. Hulle het in die laat 1980’s besluit dat hulle verkies om met ‘n enkele ras te boer, hulle het besluit om al hulle speenverse te verkoop en Braford beeste aangekoop.
Die eerste aankoop was 50 Brahman-Hereford kruisverse in Underberg, KwaZulu-Natal. Toe Walter hulp nodig gehad het, het hy hom tot Stockowners gewend, waar hy aan dr. Johan Meaker voorgestel is.
Dr Johan Meaker het Walter aan Flip de Jager voorgestel en as gevolg van hierdie bekendstelling is ‘n spesiale band tussen die Thieles, die Meakers en die De Jagers gesmee. In 1993, toe hulle hul aanvanklike aankoop gedoen het, het hulle begin om verse en bulle by die de Jagers aan te koop.
“Ons is ewig dankbaar vir die kans wat oom Flip de Jager ons gegee het. Sy kundigheid oor beeste was van onskatbare waarde, en ek het ongelooflik baie by hom geleer. Ek sal nooit my mentor se onbaatsugtigheid, vrygewige en gewilligheid om ‘n hand by te sit, vergeet nie,” sê Carl.
So was die Braford-saadjie by Thiele Holdings geplant en oor die jare heen gegroei.
Hulle het bulle op die Vryheid-bulveiling saam die de Jagers begin verkoop nie lank nadat die ras gevestig is nie. Carl verduidelik: “Van daar af het ons gegroei en by verskeie klubs en veilings aangesluit, onder andere die Vrede-veldbulklub, Dundee en Cedarville tot Ermelo se bulveilings.”
Na baie suksesvolle jare by verskeie veilings, het hulle uiteindelik die stap geneem en in 2016 hulle eerste, eie veiling op die plaas gehou. “Vir ons afslaer, PM Swart, is ek ook ewig dankbaar vir sy hulp, bystand en vriendskap,” sê Carl.
Ná Walter se dood in September 2019 het alles onverwags verander. Vir twintig jaar het Carl saam met hom op die plaas gewerk. Carl sê: “Sy liefde en kennis van die beeste was ongelooflik. Hy kon na ’n bees kyk en vir jou presies sê watter sterk en swak eienskappe die dier met hom saamdra. Ons het saam getoer en geboer, en die Brafords saam geniet.” Walter het ‘n onuitwisbare merk op Thiele Holdings gelaat.
Carl som dit alles op deur te sê: “My raad vir enige boer is, boer met die beeste wat jou na aan die hart lê, dan sal jy ‘n sukses daarvan maak.”

Thiele Holdings Braford-veiling
Dagboek 5 Julie 2023 om 11:00 vir Thiele Holdings se 8ste produksieveiling te Schickhoek plaas, Paulpietersburg.
Op aanbod:
- 30 Geregistreerde Braford-stoetbulle
- 30 Geregistreerde Braford-stoetkoeie
Gasverkoper:
Kemplust Boerdery
Navrae:
PM Swart (Afslaer): +27(0)83-948-3345
Carl Thiele: +27(0)82-944-0480
Kliek hier om die veiling op Agri4all te sien
As jy jou veiling wil bemark kontak:
Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com
Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com
Kliek hier om na die video te kyk op ProagriMedia.