Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 3rd October 2022

Bespaar plek met ReMaCon se Yfels

By 3 min read
587 words

Remacon1

Vier bunkers wat elkeen 2,4 meter hoog is beteken sommer baie meer bergplek vir die verskillende grondstowwe wat in Butt Farming se voermeule gebruik word.

Spekvet, vrugbaar en gesond! Dit is die resultaat van Butt Farming by Kamberg in die Natalse Middelande se voerprogram vir hulle 3 200 teelsôe en die sowat 1 900 kleintjies wat elke week gebore word.

Butt Farming is in die vroeë tagtigerjare deur twee broers, Rob en Ian Butt, gevestig en die boerdery het ՚n paar vertakkings, maar varkboerdery is die grootste.

Grant Lavers van Butt Farming vertel dat die varke elke week ongeveer 550 ton voer benodig. Die voermaakproses op die plaas is ՚n groot operasie. Daar is ՚n volledige voermeule met menggeriewe waar die rantsoene vir elke ouderdomsgroep noukeurig bepaal, afgemeet en gemeng word.

Die bestuur en berging van die grondstowwe is ՚n groot deel van die voermakery.

Grant sê: “Ons was op soek na ՚n produk wat ons kan gebruik om die beperkte ruimte in die voermeule optimaal te benut vir die berging van die verskillende bestanddele. Dit is vir ons belangrik dat die grondstowwe nie deurmekaar moet raak voordat ons dit volgens die regte resep vermeng nie.”

Met ReMaCon se Yfel-panele kan ‘n boer sy skuur inrig soos dit hom pas en verander as behoeftes verander. By Butt Farming is dit noodsaaklik dat die trok vir aflaai en die laaigraaf wat die materiaal weer moet kom oplaai maklik toegang het.

Onbeplande vermenging van bestanddele het uiteindelik ՚n invloed op die gehalte van die voer en die prestasie van die diere.

Grant sê hy het Christopher Cosgrove van ReMaCon se kontakbesonderhede aanlyn gekry en hom geskakel. “Ek het ons behoeftes verduidelik en Christopher het verduidelik hoe hulle produkte werk. Hy het aanbeveel dat ons na die Yfel-akeidingsmure kyk wat in verskillende groottes en hoogtes beskikbaar is.”

Aangesien hoogte nie n probleem is nie, kon Grant die Yfel-panele van 2,4 m hoog bestel. Dit het aansienlik meer bergplek verskaf as die skeidings van 1,2 m wat hulle in die skuur gehad het.

“Ons kon vier bunkers bou, elkeen 13,75 meter diep, 4,5 meter wyd en 2,4 meter hoog teenoor ons vorige drie bunkers. Ek kon nie glo hoeveel meer bergplek ons skielik bygekry het nie,”

vertel Grant.

Hy sê die beste deel is dat die panele verskuifbaar is, sodat hulle die ruimte kan verander soos benodig.

Aangesien Butt Farming hulle eie vragmotors en laaitoerusting het, het hulle self die panele gaan haal en geïnstalleer. Grant sê die verskillende prosedures en opsies is mooi uiteengesit op die prysberaming.

Grant Lavers se varke is spekvet, vrugbaar en gesond danksy ‘n goeie voerprogram wat begin by die behoorlike bestuur van grondstowwe.

Hulle het die panele gekies wat toegerus is met gate waar die vurkhyser se tande kan inpas. Dit maak dit maklik en veilig om die panele op te lig en te verskuif.

Grant sê: “Ek beveel ReMaCon met graagte aan by ander boere. Hulle produkte en diens is goed en hulle ken hulle eie produkte. Dit beteken hulle kan die regte aanbevelings maak om jou bestuur op jou plaas makliker te maak.”

ReMaCon se Yfel-panele word met staaldraad versterk en kan ook vir veiligheidsomheining gebruik word. Enige indringer wat met ՚n hamer probeer deurbreek gaan sy moses teëkom, en daar is selfs panele wat aan die bokant oorleun sodat oorklim baie moeilik is.

Die Yfel-panele is vernoem na die bekende baken in Frankryk vanweë hulle vorm van die kant af gesien. Hulle is in verskillende groottes beskikbaar en daar is ook spesiale hoekpanele.

Hoogtes wissel van 1,2 tot 4 meter met ՚n basiswydte van 615 tot 1 650 mm.

Kontak Christopher Cosgrove by 082-880-0184 of christopher@remacon.co.za, of besoek www.remacon.co.za vir meer inligting.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0