Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 19th August 2024

Baal sonder sukkel met Rovic se Krone VariPack V165

By 1 min read
287 words

IMG_4009

Marco Leying van Krone se hoofkantoor in Duitsland, het die vervaardiger se Varipack-baler tydens Graan SA NAMPO 2024 by Bothaville in die Vrystaat bekend gestel.

Marco Leying van Krone se hoofkantoor in Duitsland, het die vervaardiger se Varipack-baler tydens Graan SA NAMPO 2024 by Bothaville in die Vrystaat bekend gestel.

Volgens Marco is die Varipack V165-baler die room van Krone se ronde balers van droë materiaal. Krone beskik ook oor ketting- en staafbalers, maar die fokus op vanjaar se Nampo was die kambaler. Die baler is geskik vir die baal van kuilvoer, hooi en strooi.

Die nuwe kambaler is vervaardig met die oog op hoë digtheid en -werkverrigting. Die baler is ontwerp om bale van 80 cm tot 165 cm te maak.

Aan die voorkant van die baler is die bekende Easyflow Pickup-stelsel. Die kamlose optelstelsel is ‘n bekende eienskap van Krone se ander groot balers. Minder onderhoud en hoë werkverrigting gee die baler die nodige vermoë.

Die baler word aangedryf deur ‘n ketting aan weerskante van die baler en dit is voorsien van sentrale smeerstelsel en -ghriesbank, wat onderhoud vergemaklik.

Agter die Pickup is die is die binne-rotor wat verseker dat die voeraksie voldoende is om ‘n uitstekende baalaksie te bewerkstellig. Die baler is met of sonder ‘n snystelsel beskikbaar.

Die kam word aangedryf deur ‘n ketting aan weerskante van die baler. Die baler is voorsien van sentrale smeerstelsel en ‘n sentrale ghriesbank, wat onderhoud vergemaklik, want, sê Marco, “Jy wil baal, nie onderhoud doen nie!”

Die net word maklik en sonder moeite aan die voorkant  van die baler gevoer, en is selfs vir persone van kleiner postuur maklik om te hanteer.

Die baler is ook met ‘n groter V190-baalkamer beskikbaar wat bale van 80 tot 190 cm bale kan maak.

Indien jy in hierdie baler of enige ander in die Krone-reeks belangstel, kan jy Rovic se handelaars by www.rovic.com kontak.

 

1

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

1