Neem veilige, bertoubare onkruidbeheer na nuwe hoogtes

Close up of food corn on green field
Close up of food corn on green field, sunny outdoor background
Onkruidbeheer bly een van die grootste uitdagings vir mieieprodusente regoor Suid-Afrika. Weerstandbiedende gras- en breëblaaronkruide, tesame met toenemende probleem-uintjies, het deur die jare produktiwiteit en winsgewendheid onder druk geplaas.
In hierdie uitdagende omgewing het Yamato® 480 SC van Philagro hom egter oor die afgelope ses jaar onbetwisbaar gevestig as ՚n betroubare troefkaart in mielieonkruidbeheer.
Yamato® het herhaaldelik sy uitsonderlike doeltreffendheid bewys in al die belangrikste mielieproduserende streke van die land. Boere vertrou hierdie produk nie net vir konsekwente beheer nie, maar ook vir sy buigsaamheid – iets wat al hoe belangriker raak namate onkruidsamestellings en weerstoestande toenemend veranderlik raak.
Doeltreffende beheer waar dit saak maak
Taai, vinnig-groeiende onkruide kompeteer direk met jong mielieplante vir water, voedingstowwe en lig. Sonder effektiewe vroeë beheer kan opbrengsverliese reeds in die eerste paar weke van die seisoen begin opstapel. Yamato®
spreek hierdie probleem direk aan deur onkruide reeds vroeg in hul ontkiemingsfase te inhibeer, wat lei tot langwerkende, betroubare residuele beheer.
՚n Groot voordeel van Yamato® is dat dit voor- én na-opkoms in mielies toegedien kan word. Hierdie aanpasbaarheid stel produsente in staat om hul onkruidbeheerprogram presies aan te pas volgens hul eie bestuurspraktyke, grondtipes, en onkruiddruk.
՚n Groot leemte word gevul: beheer van uintjies ná-opkoms
Een van die grootste kopseeronkruide in mielielande bly steeds uintjies. Tradisionele programme bied dikwels onvoldoende beheer, veral ná opkoms. Dit is juis hier waar Yamato® ՚n werklike verskil maak en ՚n groot leemte in die mark vul. Plaaslike navorsingsproewe deur Philagro toon dat Yamato®, in kombinasie met Roundup Powermax,
met groot sukses op klein, aktiefgroeiende uintjies toegedien kan word.
Hierdie tenkmengsel bied mielieprodusente ՚n nuwe en uiters waardevolle bestuurstrategie waar effektiewe ná-opkomsbeheer van uintjies voorheen beperk was. Vir boere wat sukkel met herhalende uintjieprobleme, beteken dit beter netto beheer en groter gemoedsrus.
Unieke chemie met wêreldklas-agtergrond
Yamato® se aktiewe bestanddeel, piroksasulfoon, is deur Kumiai Chemical Industry in Japan ontwikkel en word reeds wêreldwyd suksesvol in verskeie gewasse en toestande gebruik. Die produk se werking berus daarop dat dit hoofsaaklik deur die koleoptiel van grasse, sowel as deur die hipokotiel en wortels van breëblaar-onkruidsaailinge opgeneem word.
Danksy AXEEV Technology bied Yamato® uitstekende stabiliteit in die grond. Die produk se lae wateroplosbaarheid beteken minder loging en ՚n langer teenwoordigheid in die boonste grondlaag – presies waar klein saadonkruide ontkiem. Studies¹ het ook getoon dat piroksasulfoon ՚n langer halfleeftyd as sekere standaard produkte het, wat bydra tot ՚n verlengde residuele effek.
Minder aktiewe bestanddeel, groter waarde
Nog ՚n belangrike voordeel van Yamato® is dat dit 10 tot 20 keer minder aktiewe bestanddele gebruik as baie vergelykbare produkte. Een liter geformuleerde produk kan tot bykans 10 hektaar behandel. Dit bring nie net kostevoordele mee nie, maar ook logistieke voordele soos minder stoorruimte en laer vervoerkoste.
Bewese gewasveiligheid en veelsydige programme
Uitgebreide plaaslike en internasionale proewe bevestig Yamato® se uitstekende gewasveiligheid wanneer dit volgens etiketvoorskrifte gebruik word. Philagro se navorsers beveel tans 14 verskillende produkprogramme aan waarin Yamato® as die ankerproduk dien. Hierdie kombinasies, wat onder meer mesotrioon, atrasien/terbutielasien en glifosaat insluit, is spesifiek ontwikkel vir verskillende klimaatstreke en onkruidsamestellings.
՚n Betroubare vennoot vir mielieprodusente
Yamato® 480 SC is tans beskikbaar in die noordelike mielieproduserende streke en kan by onder meer AECI Plant Health, Farmers Agricare, InteliGro, AgroCentre en Agronamic aangekoop word. Vir produsente wat op soek is na betroubare, langwerkende onkruidbeheer – én ՚n bewese oplossing vir die uitdagende beheer van uintjies ná-opkoms in kombinasie met Roundup Powermax – bly Yamato® ՚n logiese keuse.
Vir meer inligting, besoek www.philagro.co.za of kontak Bennie Buys by 082-809-5447.
Yamato® 480 SC (Reg. nr. L10746, Wet nr. 36 van 1947) bevat piroksasulfoon, (pirasool) (480g/L). Waarskuwing. Yamato ® is die geregistreerde handelsmerk van Kumiai Chemical Industry Co Ltd, Japan. LEES DIE ETIKET VOOR GEBRUIK.
WAARSKUWING
Mag skade aan organe veroorsaak deur langdurige of herhaalde blootstelling. Baie giftig vir waterlewende organismes met langdurige gevolge:
1. Eric P. Westra, Dale L. Shaner, Philip H. Westra, and Phillip L. Chapman* “Dissipation and Leaching of Pyroxasulfone and S-Metolachlor,” Weed Technology 28(1), 72-81, (1 Januarie 2014).



