Categories: Artikels, Hulpbronbestuur, MeganisasiePublished On: 28th July 2026

Drotsky bou die toekoms saam met sterk vroue

By 3 min read
655 words

DSC02922

Die besonderse vroue van Drotsky.

Vir dekades heen reken boere op die gehalte en duursaamheid van Drotsky se produkte. Sedert die maatskappy se ontstaan in 1962, het Drotsky gegroei tot ’n naam wat boere nie net vertrou nie, maar op staatmaak. Hierdie groei is deels te danke aan die harde werk van die personeel wat elke dag die Drotsky-masjiene bou en onderhou.

Nie net die mans in die maatskappy lewer hul beste nie, maar ook die vroue. Hierdie Vrouemaand bring Drotsky hulde aan die vroue wat hul alles gee in die fabriek en daarna huis toe gaan om die rol van ’n vrou, ma, suster en steunpillaar ook te vervul.

Die eerste vroulike sweiser het by Drotsky aangesluit in 1985. In daardie jare het die manlike sweisers gereeld gestaak. Toe hulle een dag weer nie opdaag nie, was Juliet, toe ’n skoonmaker, soos gewoonlik buite besig om die mure skoon te maak. Mnr. van der Ryst, die bestuurder in daardie stadium, het vir sy werkgewers gesê dat sy betroubaar en elke dag op haar pos is en hulle moet haar inneem en ’n sweiser van haar maak. So het Juliet leer sweis en die weg gebaan vir vroue by die maatskappy. Sy het tot 2019 getrou vir Drotsky gewerk.

Vandag is daar drie ander vroulike sweisers by Drotsky, elkeen met hul  eie verhaal.

Een van die vroue sweisers by Drotsky.

Bongeka het by Drotsky aangesluit nadat ’n bestuurslid van die maatskappy haar buite die plaaslike kruidenierswinkel raakgeloop het. Dit was haar opregte manier van gesels wat hom laat besluit het om haar ’n kans te gee. Hy het haar gevra watter werk sy doen en Bongeka het in trane uitgebars. Sy het hom vertel dat sy pas haar werk by die winkel verloor het. Sonder om twee keer te dink, het hy vir haar ’n posisie as sweiser by Drotsky aangebied.

Die ander twee vroue, Thandi en Thembi, het by die plaas aangeklop. Thandi het eers begin werk as ’n plaashulp en later ook as ’n sweiser gekwalifiseer. Thembi het eers beeste opgepas voordat sy ook in die fabriek begin werk het.

By Drotsky glo die bestuur nie net daarin om te belê in hul maatskappy nie, maar ook in sy mense. In 2025 het Drotsky 18 vroue as sweisers opgelei. Benewens ’n sweiskwalifikasie, is die welstand van elke Drotsky-werknemer vir die maatskappy belangrik. Daarom verseker die werkgewers dat elke persoon wat daar werk, daagliks ’n warm middagete ontvang. Die bestuur verstaan ook die uitdagings wat ’n werkende vrou in die oë staar, daarom maak hulle soms vergunnings wanneer hul werkers persoonlike probleme ondervind. Hul deur staan altyd oop wanneer reëlings getref moet word.

Buiten die sweisers, word Drotsky se daaglikse take aan die gang gehou deur die besigheid se bekwame ontvangsdames, sonder wie die maatskappy nie sal kan klaarkom nie.

Die drie ontvangsdames in die kantoor, werk gesamentlik al 54 jaar vir Drotsky, dit is ‘n gemiddeld van 18 jaar. Hulle is die ruggraat van die maatskappy en hoofsaaklik die eerste en laaste kontak met enige van Drotsky se kliënte.

Daar is ook die vrou wat elke dag sorg vir almal se kos en verseker dat die werkers ’n goeie en gesonde maaltyd kry, die vroue wat sorg dat alles in die onderdelestoor glad verloop, en die vrou in beheer van die plasmamasjien.

Die vroue wat by Drotsky werk, werk nie net so hard soos die mans nie, maar het deur die jare heen ook hul lojaliteit aan die maatskappy bewys. Hulle is elke dag op hul pos en lewer werk van die hoogste gehalte.

Hierdie Augustusmaand vier ons die vroue wat alles doen. Dié wat hul beste gee in die Drotsky-fabriek en dan huis toe gaan en na hul families se welstand omsien.

Drotsky wil spesiale eer aan elkeen van hierdie vrou se toewyding by die werk bring, hierdie vroue het werk nie net elke dag saam met moeilike mans nie maar het ook families wat op hulle staatmaak. Hulle is waarlik voortreflik.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0