Categories: Artikels, Julie, Landboukalender, VeilingsPublished On: 27th July 2023

ALZU Beefmasters spog met goeie pryse op hulle 15de produksieveiling

By 1 min read
222 words

5.1.2e4fc7c8-1f36-499a-8a05-fe798629d7ae

Die aankoop van bulle is maklik, die aankoop van bulle wat werk, presteer en sy sout werd is, is nie so maklik nie. ALZU Beefmasters se missie is om al die raaiwerk te staak deur telers te voorsien van prestasie-aangetekende, kommersieel georiënteerde Beefmasters, wat beskik oor die bewese Beefmaster genetiese eienskappe.

Lot 37 verkoop vir R42 000,00.

Op 18 Julie was die Alzu-veilingsring volgepak, waar topgehalte Beefmasters op hulle 15de prouksieveiling aangebied was. Alzu se topgehalte diere het talle gelok. Kopers en veiling bywoners was op ‘n koue wintersoggend met ‘n stroopsoet pannekoek en stomende koppie boeretroos verwelkom.

Die gemiddelde en hoogste pryse van die dag

Bulle:

  • 34 Top Beefmaster stoetbulle is aangebied en behaal ’n gemiddelde prys van R90 147,06. Die duurste bul, Lot 5, word vir R180 000 verkoop aan Willem von Wielligh.

Vroulike diere:

  • 1 Dragtige koei en kalf (3-in-1), Lot 37, behaal ‘n prys van R 42 000,00.
  • 23 Geregistreerde dragtige koeie is verkoop en behaal ‘n gemiddeld van R 29 217,39. Die hoogste prys behaal was R 37 000,00 vir Lot 60 en Lot 61.
  • 4 Kommersiële dragtige koeie is verkoop en behaal ‘n gemiddeld van R 26 000,00.
  • 8 Kommersiële dragtige verse is verkoop en behaal ‘n gemiddeld van R 25 000,00.

Kliek hier om na die video te kyk op ProagriMedia.

As jy jou veiling wil bemark kontak:

Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com

Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0