Algar se Nek- en lyfklamp

Algar – Lyfklamp Brand-toegang
Algar Veehanteringstoerusting is op die voorpunt in die mark met innoverende produkte van top gehalte, wat aan elke veeprodusent se individuele kraal-behoeftes voorsien.
By Algar is dit vir ons belangrik dat boere gemaklik en veilig met hulle diere kan werk met so min as moontlik spanning vir die hanteerder en die dier. Met meer inligting en data nou beskikbaar rakende newe-effekte van stres op diere mik die mark daarna om diere meer effektief en doeltreffend te hanteer. Ons bring unieke produkontwikkelling na die veebedryf wat fokus op vinnige hantering en korter tyd vir die dier in die drukgang of krat, hierdie het die domino-effek van ‘n rustiger en kalmer dier wat beter kondisie behou as gevolg van minder stres en meer vertroue in die hanteerder.


Vir Algar bestaan daar nie iets soos ‘n gewone kraal nie, elke kraal en plaas het sy eie uitsonderlike uitdagings om diere te hanteer en ‘n vooruitstrewende boerdery te bevorder. ‘Ons streef daarna om altyd produkte aan te bied wat effektiwiteit en doeltreffendheid tot gevolg het.’
Met winsmarges wat kleiner raak as gevolg van hoër insetkostes en uitdagings in die mark en ekonomie is dit noodsaaklik dat daar doeltreffend gewerk word op enige plaas, hierdie veehanteringstoerusting is so ontwerp om te spaar op arbeidskostes en by Algar glo ons ook dat kwaliteit toerusting en na-verkope diens moet vir die boer tyd en geld spaar.
Die Nek- en lyfklamp is beskikbaar in die LD en HD reeks. Die LD reeks is ideaal vir boere wat kleiner kudde hanteer, indien jy ‘n produk soek wat langdurend is, en ideaal om groot kuddes te hanteer, is die HD die beste opsie. Hierdie krat gee die boer toegang tot die hele bees met 11 toegangshekke terwyl daar gewerk word, die 11 hekke sluit ‘n nooduitgang in wat help om ‘n bees dadelik uit die krat te kry indien nodig.


Die Nekklamp aan die krat is dieselfde as ons ander Algar nekklampe, die is ‘n H-klamp wat beteken dat die deure van bo tot onder die volle wydte van die gang oopmaak, die het die voordeel dat groot diere soos bulle en dragtige koeie gemaklik deur die klamp kan beweeg. Die produk se sluit -meganisme het nie ratte wat moet hak nie, wat help want nou kan jou deure enige plek stop en jy kan gerus weet jou dier sal nie kan beweeg nie. Omdat veiligheid vir die dier belangrik is vir ons het ons ook ‘n nood-vrystelling.
Algar se HD Nek-en-Lyfklamp kan ook volledig bestel word met versekervanghek vooraan en agter KI toegangshekke met skuifhek. Jy kan ook kies of jy jou werkingsstasie links of regs van die klamp wil hê.
Vir meer inligting besoek graag ons webblad op www.algar.co.za
Verkope: Charlotte 082-324-6256
Epos: algar@algar.co.za