Algar bied slim oplossings vir die moderne boer met hulle hommeltuigwaentjie en beesklamp

DSC00482
Algar Veehantering se hommeltuigwaentjie maak jou presisie spuitwerk maklik en vinnig.
Algar Veehantering se stalletjie het beslis die aandag getrek by NAMPO Kaap 2025. Saam met die res van hulle reeks veehanteringsprodukte het hulle ook twee van hul gewildste produkte uitgestal wat elke boer se lewe makliker maak: die hommeltuigwaentjie (Drone Trailer) en die beproefde bees nek- en lyfklamp.
Hierdie is nie net mooi vertoonstukke nie, dit is praktiese oplossings vir elke moderne boerdery.
Die hommeltuigwaentjie

Charlotte Esterhuizen verduidelik wat die hommeltuigwaentjie alles vir boere bied.
Die hommeltuigwaentjie is een van Algar se slim ontwerpe wat jou hommeltuig-operasies op die plaas na ‘n nuwe vlak neem.
Hommeltuie raak al hoe meer gewild in die boerdery, dit is egter ‘n gesukkel om die masjiene en al jou produkte te kry waar jy dit wil hê. Algar het met ‘n alles-in-een oplossing opgekom om boerdery se nuutste tegnologie nog meer te vergemaklik.
Hierdie waentjies kom in vier of ses meter lengtes en word geregistreer as ‘n platbak wa (flatdeck). Bo op die wa word daar dan ‘n landingsplatform vasgebout.
Die platform is grootgenoeg om hom versoenbaar te maak met enige hommeltuig, selfs die groot T100 hommeltuie wat met NAMPO Kaap bekendgestel is.
Die houtoppervlak verseker ‘n sagte landing, terwyl die bou en ontwerp van die waentjie hom robuust en duursaam maak. Die 4m het plek vir alles onder omdat hy nie ‘n landingsdek bo het nie. Die 6m se laaistasie word wel bo geplaas sodat jy bo die batterye kan ruil en die deone weer vol sproeimiddels kan maak.
Of jy nou self jou lande spuit of ‘n diensverskaffer is wat groot gebiede dek, hierdie wa is ontwerp om jou werk vinniger, veiliger en meer doeltreffend te maak.
Die Algar Bees nek- en lyfklamp

Charlotte Esterhuizen demonstreer die bees nek- en lyfklamp by NAMPO Kaap 2025.
Aan die ander kant van die stalletjie het Algar se nek- en lyfklamp gewys hoekom dit een van hul topverkopers is. Hierdie klamp is ‘n droom vir enige veeboer.
Die H-klamp ontwerp maak die gang se volle wydte oop, wat beteken selfs bulle en dragtige koeie beweeg gemaklik in en uit.
Die nekklamp sluit op enige plek, ongeag die grootte van die dier se nek, en die lyfklamp vernou van 750 mm tot so klein as 300 mm, ideaal vir alles van groot beeste tot klein kalwers. Met 11 toegangshekke en ‘n nooduitgang is jou dier van beide kante heeltemal toeganklik, wat prosedures soos inspuitings, weeg en ondersoeke vinniger en minder spanningsvol maak.
Wat maak hierdie produkte so voordelig vir jou boerdery? Dis eenvoudig: hulle spaar tyd, verminder arbeid, verhoog veiligheid en verbeter jou boerdery. Die hommeltuigwaentjie gee jou mobiliteit en beheer oor presisie-spuitwerk, terwyl die nek- en lyfklamp jou toelaat om beeste met minimale moeite en maksimum veiligheid te hanteer.

Die hommeltuigwaentjie het plek vir kragopwekkers van enige grootte.
Algar Veehantering verstaan die boer se werklikheid, en by NAMPO Kaap het hulle dit weereens duidelik gewys.
Om meer te leer oor Algar se produkte kan jy hulle webtuiste besoek by www.algar.co.za.

Die hommeltuigwaentjie bevat alles wat jy nodig het in die veld om presisiespuit toe te pas.