Agrico se diefstalbestande spilpunte fnuik diewe

IMG_7190
Diefstal van landboutoerusting in Suid-Afrika is kommerwekkend. Dit geld ook vir spilpuntmotors en -kabels wat boere regoor die land duisende rande uit die sak jaag. Boere is grootliks op hulleself aangewese om hulle eiendom en lewens op plase te beskerm. Gelukkig is daar maatskappye soos Agrico wat die boer help om sy eiendom te beveilig.
David De Wet, eienaar en boer van Disselboom-boerdery in die Bethal omgewing vertel: “Diefstal op plase ruk handuit in ons omgewing en omliggende dorpe. Ons ly groot skade hier by ons. Ons moet alles beveilig, en nuwe planne maak om hierdie probleem te bekamp.”
Agrico takel diefstaluitdagings met ՚n alternatief aan boere
David se grootste behoefte was om diefstal op sy nuwe spilpunte te verhoed, en dit was juis waarom hy op die Agrico se G4-spilpunte besluit het. Die ontwikkelings-doelwitte van die G4-spilpunt is onder meer diefstalbestandheid. Daarom die slim ontwerp met geen sigbare kabels of ander onderdele nie; alles is versteek.

Kragkabels en elektriese pompe van spilpunte het nou diewe se teiken geword op plase. Agrico is altyd een voor, en het die diefstalbestande G4-spilpunt ontwerp, waar alle komponente agter staal is.
Johan Myburgh, hoof meganiese ingenieur by Agrico, vertel:
“Wanneer dit kom by die ontwerp van die G4 was diefstalbestandheid die hoofdoel. Met die tegnologiese vooruitgang van rekenaarondersteunde ontwerp, kon ons werklik ՚n optimale meganiese ontwerp ook behaal: ons spanne en torings is geoptimeer om sodoende die meeste waarde toe te voeg tot elke spilpunt wat ons oprig. Met langer spanne benodig ons minder torings per hektaar. So kan ons kostes beperk en verg die masjien minder instandhouding,” verduidelik.

David de Wet se G4-spilpunte het Nelson se Orbitor-spuite op. Hierdie spuite is veeldoelig en ideaal vir hierdie toestande. Die druppelgrootte maak hom windbestand, hy spuit lekker wyd met goeie waterverspeiding en kan teen ՚n lae druk van tot 40 kpa werk.
Oprigting van Disselboom se spilpunte en pomphuis
David het twee Agrico G4-vyftoringspilpunte met driebeensenters laat oprig, wat elk 35 ha besproei. David vertel: “Hierdie is beslis een van die grootste projekte wat ek nog op hierdie plaas aangepak het. Ons het dit alles met groot geloof aangepak, en ons is baie opgewonde dat dit groot sukses was. Ons weet dat dit waarde tot ons boerdery sal byvoeg en dat ons die vrug daarvan sal pluk. Die beplanning is gedoen en die lynwerk is reeds opgerig vir ՚n derde sirkel in die toekoms.”
Willie Cilliers, takbestuurder van Agrico Ermelo, sê: “Ons het hierdie projek in twee fases beplan. Fase een met die twee nuwe G4-spilpunte is reeds afgehandel, en fase twee sal die oprigting van die derde spilpunt in die nabye toekoms insluit.”
Hy voeg by: “Elke spilpunt word op sy eie pyplyn met sy eie pomp aangedryf. Elke spilpunt word ook deur sy eie VSD (“variable speed drive”) gedryf, wat energie-optimalisering moontlik maak. Die stelsel is ook toegerus met Agrico-webbeheer, wat kommunikasie tussen die spilpunt en die pompstasie bewerkstelling vanaf enige plek met jou slimfoon.” David se spilpunte word met ՚n kragopwekker aangedryf.
“Na baie somme saam met die Agrico-span het ons besluit om die spilpunte met ՚n kragopwekker op te rig. Omdat ons die spilpunte as aanvullende besproeiing gebruik, hoef ons nie so baie ure te besproei nie. Teenoor Eskom se lynhuur en onbetroubaarheid, was die kragopwekker die antwoord,” verduidelik David.
Die netjiese pomphuis wat by Disselboom-boerdery opgerig is.
Agrico is toegewyd aan die boer
Johan verklaar die doel van waardetoevoeging tot Suid-Afrikaanse landbou,” :vertel Johan.”Ons werk om die uitdagings wat ons boere in die gesig staar, te help oplos.”
David sê: “Ek is nog baie nuut in die besproeiingsbedryf, maar my ervaring met die Agrico-span tot dusver is baie positief. Ek kan die foon optel en Willie is altyd beskikbaar om te help. Die projek was meer as vier weke vroeër afgehandel as aanvanklik beplan, waaroor ek ongelooflik dankbaar is. Dit is nou ons optimale planttyd is, so die mielies is in die grond en die spilpunte loop! “As Willie sê hulle laai Maandag af, dan laai hulle Maandag af. Die span se eerlikheid en kommunikasie is werklik iets wat vir my uitstaan. Hulle het by hulle woord gehou en ek kon maklik daarvolgens beplan. Op geen oomblik het dinge stilgestaan of het ek gewag vir iets nie. Ek glo ons gaan nog ՚n goeie pad saam met Agrico stap,” sluit David af.
Vir jou optimale besproeiingstelsel, gesels met Agrico. Op hulle webwerf, www.agrico.co.za kan jy die kontakbesonderhede van jou naaste tak sien en meer lees oor al hulle oplossings.

Die Agrico-span saam met David de Wet by een van die nuwe G4-spilpunte wat onlangs op sy plaas opgerig is. Hulle is Gerrie Herbst,
meganiese ingenieur by Agrico, Johan Myburgh, hoof meganiese ingenieur by Agrico, Willie Cilliers, takbestuurder van Agrico se Ermelotak en David De Wet, boer en eienaar van Disselboom Boerdery.