34 ton mieliemeel van Senwes bring hoop ná Wes-Kaapse vloede

corn-flour-500×500
Klerksdorp, 1 Julie 2026 – Senwes, in samewerking met Thuso Meule, het 34 ton mieliemeel aan die People of South Africa Foundation geskenk om voedselhulp aan gemeenskappe te bied wat deur die onlangse oorstromings in die Wes-Kaap geraak is.
Die skenking volg ná die verwoestende oorstromings in die Wes-Kaap wat duisende gesinne geraak en groot skade aan gemeenskappe, infrastruktuur en die landbousektor veroorsaak het.
Die 34 ton mieliemeel sal na raming tussen 192 000 en 226 000 maaltye moontlik maak en broodnodige voedselhulp aan gesinne verskaf wat steeds besig is om van die ramp te herstel.
Die skenking vorm deel van Senwes se verbintenis om in tye van nood saam met betroubare vennote op te tree en ‘n praktiese bydrae te lewer tot die gemeenskappe wat dit die nodigste het.